Woodstock: meer as net rock en roll

by PDBY Staff | Sep 20, 2010 | Uncategorized

SIMONE VENTER

 Woodstock vier hierdie jaar sy 12de bestaansjaar in Suid-Afrika en in egte Woodstock-styl gaan 2010 se musiekfees ? ware ondervinding wees wat mense vir altyd sal onthou en vir meer sal laat skree. Dikwels beskryf as Suid-Afrika se grootste mega-byeenkoms (die fees is grooter as OppiKoppi) wat mense van regoor die land lok om deel te wees van ? revolusie van goeie musiek, nuwe vriende en onvervangbare herinneringe. Hierdie jaar gaan waarlik iets wees vir die geskiedenisboeke.

Perdeby het besluit om agter die kap van die byl te kom en terug te gaan na New York, 1969, na waar dit alles begin het.

“An Aquarian Exposition: 3 Days of Peace & Music.” Dit was die slagspreuk wat op al wat ‘n plakkaat was om die legendariese konsert in 1969 te beskryf. Alhoewel daar deur die jare verskeie konserte regoor die wêreld plaasgevind het, kan niks kers vashou by die 1969-fees nie. Dit is selfs deur die Rolling Stone tydskrif aangewys as een van die 50 oomblikke (al het dit tegnies 3 dae geduur) wat die geskiedenis en gesig van rock ‘n roll verander en verbeter het.

Vanaf Vrydag 15 Augustus tot Sondag 17 Augustus was die skare vermaak deur van die grootste en beroemdste bands van die eeu. Van die bekende name wat opgetree het, is Santana, Creedence Clearwater Revival, The Who, The Grease Band, Joe Cocker en Jimi Hendrix. John Lennon (The Beatles), Bob Dylan, Led Zepplin, The Doors en Joni Mitchell is van die kunstenaars en bands wat uitgenooi is om te kom optree maar geweier het of al klaar ander verpligtinge gehad het.

Woodstock is deur die meeste koerante en tydskrifte van daardie tyd beskryf as ? regte hippie-fees maar die dekking het meer positief geword namate die pers oproepe van ontstoke feesgangers ontvang het. Dwelms, drank en seks was aan die orde van die dag en selfs ? reënbui kon nie die gees demp nie, al het dit die klere laat waai.

Dr. William Abruzzi, ? hoof mediese adviseur by die fees, het gesê dat die hoeveelheid geweld wat plaasgevind het relatief min was as die grootte van die skare in ag geneem word, en dat daar slegs twee ernstige ongevalle was. Een was weens ? dwelmoordosis (nie ? groot verrassing nie) en die ander ? tiener wat deur ? trekker doodgery is terwyl hy in sy slaapsak gelê en slaap het.

In 1970 is daar selfs ? fliek uitgereik oor Woodstock en alles wat plaasgevind het. Dit is vir ? Academy Award benoem. 

Suid-Afrika het ook sy eie Woodstock wat in 2008 sy 10de bestaansjaar gevier het. Hierdie jaar word dit weer tussen 27-29 November aangebied by Riversands in Johannesburg en dis ? geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Dit bied nie net ? groot verskeidenheid van musiek nie, maar ook vlooimarkte waar mens na hartelus kan rondloop en iets koop om die fees te onthou. Dit reflekteer die diversiteit van Suid-Afrika en is ? ongelooflike kulturele geleentheid saam met ongelooflike klanke en melodieë. Dit hou egter nie daar op nie. Verskeie lande van regoor die wêreld bied ook die fees aan dit en groei elke jaar in getalle en talent. Van die lande wat ook Woodstock vier is Poland, Korea, Libanon en Italië.  

Woodstock is deel van ? wêreldwye kultuur waar goeie musiek en uitstekende gees hoog op die prys gestel word. Dit gebeur slegs een keer per jaar en is ? geleentheid wat almal minstens een keer moet bywoon. Wie weet, dalk is Woodstock 2010 selfs meer legendaries as die een in 1969?

Website | view posts