CHARLOTTE KEURIS

Hierdie week het Perdeby besluit om die TuksHokkie-mans se kaptein ‘n bietjie beter te leer ken …

Volle naam: Rhett Kennedy “Hoff” Halkett

Wat studeer jy: BA met sielkunde en opvoedkunde as hoofvakke

Ouderdom: 23

Vir hoe lank speel jy al hokkie?

Vir solank as wat ek kan onthou.

Waar sien jy jouself in vyf jaar?

As ‘n gevestigde internasionale hokkie-speler met ‘n winsgewende kontrak in Europa.

Vir wie ondersteun jy in vanjaar se Super 14?

Ek kom oorspronklik van Kaapstad af so ek sou sê die Stormers, maar vir my eie veiligheid sal ek die Bulle ondersteun.

As jy met enige bekende kon uitgaan, met wie sou dit wees?

Kan ek met meer as een uitgaan? ‘n Kombinasie van Jessica Biel, Jennifer Aniston en Megan Fox. ‘n Mengsel van jeug en ervaring.

Website | view posts