ELMIEN JACOBS
Wil jy Oos gaan op een van jou Trips? Staan in die algemeen nader aan vensters om seker te maak daar’s vis in die punch. Hierdie titels is almal voorbeelde van die bydrae wat jonger (onder 30) Afrikaanse skrywers en digters onlangs aan die literêre wêreld gemaak het. Hierdie week wonder Perdeby hoekom daar net ? handjievol jong Afrikaanse skrywers is en watter invloed tegnologie hierop het.
Me. Jacomien van Niekerk, ? dosent in die Departement Afrikaans, is gevra of sy aan enige jong skrywers en digters in Afrikaans kan dink. Van Niekerk noem Manie de Waal, Marion Erskine, Jackie Nagtegaal en Loftus Marais, maar voeg by dat werklike jong skrywers “yl gesaai” is.
Sy sien dit egter nie as ‘n slegte ding nie: “Dit verg tyd en oefening om goed te kan skryf en iemand van 20 moet sy talent soms nog ‘n paar jaar tyd gee”.
Die internet is een van die plekke waar jong aspirant-skrywers en -digters hul kuns kan bemeester. Daar is webtuistes soos Litnet wat beoog om Afrikaanse kuns te bevorder en waar gesprekke oor Afrikaans gehou kan word. Baie webtuistes publiseer ook die werk van jong skrywers en digters. Shaun de Jager, ‘n tutor in die Departement Afrikaans, is egter skepties hieroor en voel dat iemand wat slegs elektronies gepubliseer het, nie as “digter” of “prosais” beskou kan word nie. “Ek self het al elektronies ‘n gedig of wat gepubliseer, maar beskou myself definitief (nog) nie as ‘n digter nie.”
“In baie gevalle wil dit voorkom asof die kritici oor geen behoorlike ‘maatstaf’ beskik by die beoordeling van tekste nie. Dikwels is die kritici self digters en skrywers, wat op grond van hulle eie voorvereistes ‘n teks keur,” voeg hy by. Van Niekerk sê ook dat die gedrukte boek tans die die beste teken is dat iemand se werk van goeie gehalte is en dat daar ‘n mark daarvoor is.
Maar lees studente nog boeke? Van Niekerk en De Jager antwoord altwee met spyt: “Nee”.
“As ek ? groep van 80 studente vra wie onlangs ‘n roman gelees het, steek bitter min hulle hande op,” verduidelik Van Niekerk. De Jager sê dat studente net sal lees wanneer ? spesifieke studierigting dit vereis, maar hy voeg by dat selfs in so ‘n geval is daar baie studente wat eenvoudig nie eens hul voorgeskrewe werk lees nie.
Riki Fourie, ? BA Joernalistiek-student, sê wel dat sy graag boeke lees: “Ek love Afrikaanse skrywers, ek is mal oor André P. Brink en Marlene van Niekerk.” Lees sy enige letterkunde van jong Afrikaanse skrywers en digters? “Nee,” antwoord sy, “ek wil by die fondasies begin, sodat ek letterkunde se paadjie kan volg oor tyd.”
Dis moeilik om jouself ? lewe sonder tegnologie voor te stel, want die meeste student is afhanklik daarvan. Dalk is die aanhaling van Barthélemy-Catherine Joubert nie heeltemal waar nie: “Wend jou tot die jeug: hulle weet alles”. Jonger skrywers moet miskien eers in die ouer skrywers se voetspore volg voor hul hul eie reis kan onderneem.