NINA VAN WYK
“Books for Africa” is `n projek wat in 1993 begin is en word deur studente bestuur. Elke twee jaar word agt veeartseny studente gekies deur die vorige komitee om in Afrika vir minder bevoorregte veeartseny fakulteite leermateriaal te neem. Die agt studente is almal in hulle derde of vierde jaar by die Universiteit van Pretoria.
Die studente het in twee jaar genoeg fondse ingesamel om die projek `n realiteit te maak, sowat R120 000. Om hierdie fondse in te samel het hulle drankies en boerewors by Onderstepoort byeenkomste verkoop. Hulle het `n hipnose optrede gereël en saam met die PPS (? versekeringsmaatskappy) gewerk. Die studente het dan ook boeke aan buitelandse studente, wat vir `n kongres na Suid Afrika gekom het, verkoop en het na borge gesoek. Teen die einde van 2010 het hulle net oor die R140 000 ingesamel. General Motors het aan die groep twee 4×4 bakkies gegee.
Op 11 November 2010 het die groep studente vertrek. Die veldtog het ses weke geduur en die groep het op 23 Desember teruggekeer. Daniel Elkin, `n lid van die komitee, het gesê, “Ons het oor die 12 000km gereis. Ons het deur Mosambiek, Malawi, Tanzanië, Zambië, Botswana, Kenia en Namibië gereis.” Hulle het leermateriaal aan fakulteite in Mosambiek, Tanzanië, Kenia en Zambië oorhandig. Boeke het van Kenia af na Uganda gegaan.
Elkin het verder gesê, “Die projek was `n groot sukses. Ons het ons eerste nag in Mosambiek deurgebring en binne die eerste paar uur was ons harde werk beloon. Die studente en fakulteite was vreeslik dankbaar en het ons hartlik verwelkom.”
Die groep was elke keer formeel aan die fakulteitsbestuur voorgestel en daar het vergaderings met die studente se verteenwoordigers plaasgevind. “Ons het by mekaar geleer en het maniere om kommunikasie tussen Afrika veeartseny studente te verbeter bespreek,” het Elkin gesê.
Die komitee het blykbaar die projek se doelwitte uitgebrei en met IVASA ontwikkelings fonds (Internasionale veeartseny studente organisasie) gewerk. Die organisasie het die projek `n borgtog van R10 000 gegee en die studente het die ontwikkelings fonds adverteer. Elkin het gesê dat die organisasie baie goeie werk doen in onderontwikkelde lande. Hulle gee gereeld aan fakulteite rekenaars, biblioteke, mikroskope en so meer, maar het nog min geleentheid gehad om in kontak te kom met studente van Afrika en het die komitee gevra om hulle hiermee te help. Die studente het studente van ander fakulteite gehelp om vorms in te vul en dit na die IVASA hoofkantoor in Denemarke te stuur.
Die studente het blykbaar ook `n olifant by die “David Sheldrick Elephant Sanctuary” aangeneem. Bo en behalwe die bogenoemde het die groep nog vele meer in die verskeie lande verrig soos om aan `n wildsreservaat in Malawi antibiotiese oogsalf te gee.
“Almal van ons voel dat die veldtog `n groot sukses was. Dit was `n ondervinding wat niemand van ons ooit sal vergeet nie. Dit was die beste ding wat enige van ons al gedoen het of ooit sal doen,” het Elkin gesê.
Foto verskaf