Tuks student gym en HPC

by PDBY Staff | Jan 31, 2012 | Sports

CHARLOTTE KEURIS

As `n eerstejaar is dit belangrik om `n gebalanseerde leefstyl te handhaaf. Studentelewe is vol pret, maar om die pret te geniet moet jy fiks bly.

Gelukkig kan jy van die Tuks studente-gym (TSG) gebruik maak. Daar is `n gym op LC de Villiers en ook op die Groenkloof-kampus. Daar is ook verskeie lidmaatskap-opsies wat elke student se sak sal pas.

Kontant-lidmaatskap: sal jou R1 100 kontant per jaar (R95 per maand) uit die sak jaag, terwyl MBK en Sportwetenskap-studente slegs R900 per jaar hoef te betaal.

Studente aftrekking lidmaatskap: R1400 word afgetrek van jou studente rekening.

Debietorder-lidmaatskap: R99 per maand (R130 vir die eerste maand).

Maandelikse lidmaatskap: R140 kontant.

Een van die interessante verwikkelinge is dat `n aantal groep klasse sedert verlede jaar deur die gym aangebied word. Studente kan deel neem in aerobiese oefeninge, pilates, joga, wateraerobiese oefeninge, spin (net by die Groenkloof-kampus) of hip-hop-klasse. Klasse is gratis vir lede van die gym en vind op ‘n daaglikse basis plaas. Toerusting vir die verskillende klasse word deur die gym verskaf.

Die HPC (High Performance Centre), geleë op LC de Villiers sportsgronde bied wêreldklas sportfasiliteite. Die HPC het `n vierster hotel en koshuis wat gebruik word deur plaaslike en reisende sportspanne. Die Sport Wetenskap en Mediese Eenheid (SSMU) bied holistiese opleiding, skep geleenthede en programme vir vaardigheidsontwikkeling in biokinetici, sport sielkunde, dieetkunde en navorsing. Die HPC tree ook as gasheer op vir die Sports Law Centre, wat beide navorsing in sportreg bevorder en ook beskikbaar is vir atlete gedurende kontrak onderhandelinge en risikobestuur.

Die HPC het ‘n kombinasie van wêreldklasfasiliteite en hoogs gekwalifiseerde spanne. Vir meer inligting oor hierdie spog opleiding en ontwikkelingsfasiliteit, besoek www.up.ac.za.

Foto: Gerhard Louw

Website | view posts