KEVIN VAN DER LIST
Verlede jaar was `n opwindende jaar vir TuksSport sowel as internasionale sport en hierdie jaar sal geensins anders wees nie. Die artikel sal jou gids wees omjou op hoogte te hou wanneer en watter se sport soort om voor uittekyk.
TuksSport kalenderDie hoogtepunt op TuksSport se kalender is ongetwyfeld die Varsity Beker. Tuks het verlede jaar tweede geeindig in die toernooi. Die Varsity Beker is die vertoon venster van die beste opkomende rugby spelers en spanne in die land in een toernooi. Die opwindende Varsity Beker skop al vroeg in die jaar af en sal vanaf 6 Februarie tot 9 April gehou word. Daar is geen rede om nie al Tuks se tuis wedstryde bytewoon nie. Gaan ondersteun Tukkies, dit is hope pret.
Die krieket seisoen is alreeds aan die gaan en eindig eers in Maart. Die Nasionale Klubkampioenskappe sal in September begin.Die weeklange toernooi beloof om ‘n fees vir krieketliefhebbers te wees.Internationale Sport kalender
Die Olympiese Spele 2012 se grootse internasionale sportbyeenkoms. Die toernooi sal vanjaar in London gehou word vanaf 27 July tot 12 Augustus. Dit is beslis nie iets wat jy kan bekostig om mis te loop nie.
Sport kalender
Vier Nasie Rugby begin 4 Februarie en eindig 17 Maart.Tennis: Wimbledon duur vanaf 25 Junie tot 8 Julie.
Sokker: Die Europese internasionale sokkertoernooi Euro 2012 begin 8 Junie and eindig 1 Julie.
Olympiese Spele: Die 2012 Olympiese Spele in London begin 27 Julie en eindig 12 Augustus.Fietsry: Tour de France duur vanaf 30 Junie tot 22 Julie.Krieket: Indian Premier League (IPL)Krieket begin in September.
Waar om sport te kykTrademarxDie area in en rondom Hatfield Kampus sorg vir meer as genoeg plekke om sport te kyk. Een van die gunsteling plekke om rugby te geniet is Trademarx. Hierdie kuierplek spog met talle snoekertafels, televisies en `n fantastiese atmosfeer. Trademarx is reg langsaan Loftus Versveld en `n klipgoei van Hatfield Kampus af. Dit is die ideale plek om rugby te kyk of `n bekende rugby ster te ontmoet na `n wedstryd by Loftus.Herr GuntersNog `n gunsteling kuierplek is Herr Gunters. Die kuierplek is in die middel van Hatfield Square en is altyd propvol sportliefhebers met ‘n fantastiese atmosfeer.. Herr Gunters het `n groot kuierarea en kroeë wat enige sportliefhebber gelukkig sal hou. Die kuierplek is baie gewild en trek talle studente van die “Square”.AandklasVir diegene van julle wat van julle sport en rock musiek hou, is die Aandklas net die plek vir jou! Aandklas bied meer as genoeg sitplek, rock musiek, goedkoop drank en is ‘n gewilde kuierplek vir Tuks studente. Die verskeidenheid bied jou `n unieke sport besigtigings ervaring.
Foto: Keith Peyper