Tuks en UJ eindig kop-aan-kop

by PDBY Staff | Feb 16, 2010 | Sports

MEGAN SCHOEMAN

Met net twee minute oor voor die eindfluitjie op Maandag 8 Februarie, was die skare amper seker dat Tuks 1 hul eerste wen van die Varsity Cup-reeks deurgehaak het. Dit het alles verander toe UJ se losskakel, André Smit,’n strafskop deur die pale laat seil het wat die spanne gelykop laat eindig het met 34 punte elk.

Tuks het die wedstryd goed afgeskop toe Deon Helberg in die vroeë minute van die wedstryd ? drie gedruk het. Later het hy vir ? tweede keer oor die doellyn geduik, maar heelagter Gert Smith het met albei doelskopgeleenthede gemis. Tuks het oor die algemeen gedurende die wedstryd swak geskop en het ook nie gebruik gemaak van geleenthede om punte aan te teken. Hulle het ook balbesit weggeskop en dit vir die opposisie maklik gemaak om die bal te wen. Intussen het die opposisie talle foute gemaak en strafskoppe afgestaan

Justin van Staden het uiteindelik vir Tuks 1 punte aangeteken toe hy drie suksesvolle doelskoppe en een strafskop oorgeskop het. Van Staden het dit ook reggekry om die bal oor die doellyn te dra en ? drie te druk. Kaptein van Tuks 1, Shaun Davids, het beïndruk met ? skitterende drie toe hy weggebreek het en vir die doellyn gemik het. Franco Booysen was die laaste een om sy bydra tot die punte te maak met nog ? drie vir Tuks 1.

Teen halftyd het Tuks 1 voorgeloop met 17-14. Kort daarna het UJ egter weer punte aangeteken en was die telling  gelykop. Die res van die wedstryd het die spanne beurte geneem om voor te loop en die ondersteuners het behoorlik hulle naels gebyt.

Alhoewel Tuks vyf drieë gedruk het en UJ net vier, het die wedstryd gelykop geëindig en die spanne kom maar net teleurgesteld mekaar se hande geskud.

Cornell Hess, flank, het Tuks wel trots gemaak toe hy as speler van die wedstryd benoem is. Hy is beloon met R1 000 sowel as die “pienk broekie”. Met die volgende wedstryd teen TUT sal hy dié broek vir kankerbewusmaking dra.

Jy kan ook die organisasie ondersteun deur ‘n bydrae te maak. SMS jou gunsteling Varsity Cup-span se naam na 36199 en maak ‘n R5-donasie aan die Varsity Cup Trust.

Website | view posts