MARI-LOUISE DE KOCK
Op Saterdag 25 Julie 2011 het elf van Tuks se rotsklimmers Kaapstad toe vertrek, waar hulle die Universitiet van Pretoria verteenwoordig het by die 2011 USSA Rotsklim Kampioenskappe.
UCT was die gasheer van die kampioenskap sowel as `n deelneemer. Hulle het die universitiete van Potch, KwaZulu- Natal en Witwatersrand, tesame met UP, verwelkom vir die kampioenskap.
Rotsklim is `n sport waarin deelnemers op of oor natuurlike rotsformasies of kunsmatige rotsmure klim. Die doel is om die bokant van `n vorming van `n voorafbepaalde roete te bereik sonder om te val. Rotsklim word ook raakgesien as `n fisies en verstandelik veeleisende sport, een wat `n klimmer se krag, ratsheid en balans tesame met verstandelikke beheer toets.
Volgens Dirk Talma, die voorsitter van TuksRotsklim en self `n rotsklimmer, is daar “twee verskillende dissiplines vir kompetisie-klim by die USSA, naamlik ‘lead climbing’ en ‘bouldering’. ‘Lead climbing’ word gedoen met hulp van `n tou en `n tuig waar die roetes gewoonlik tussen agt en vyftien meter hoog is. Talma het verder gesê dat ‘bouldering’ nie “hoër as drie meter is nie maar dat dit moeliker is want jy klim sonder toerusting.”
Alhoewel die klimmers Tuks as `n span verteenwordig het, word hulle gegradeer deur hulle eie prestasies. Lize du Plessis, `n klimmer vir Tuks wat deel van die span was wat USSA bygewoon het, het gesê dat, “elke klimmer se tellings sal geweeg word volgens die lente van die roete en die telling word bymekaar getel om die finale telling vir klimmers te maak”. Du Plessis het ook gesê dat Tuks se span baie entoesiasties was.
Algeheel het Tuks tweede geplaas in die mans-afdeling vir beide die ‘lead climbing’ en ‘bouldering’ kompetisies. PW Nel en Ebert Nel het albei die beste gevorder van Tuks se span.
Die Universiteit van Kaapstad en KwaZulu- Natal het verder die kompetise oorhees. Rotsklimmer, Ebert Nel, voel dat die rede vir Tuks se swak prestasie is omrede, “Tuks veronderstel is om die beste universiteit in die land te wees, en het defintief die beste klimmers, maar ons geriewe is skokkend in vergelyking, omdat die Universiteit net nie ons toelaat om te ontwikkel nie”.
“Die een ding wat ek mees aanloklik vind oor die sport is die feit dat dit `n baie sosiale sport is en daar is nooit `n gespanne of ongemaklike atmosfeer in ons klub nie. Almal help almal na die beste van hul vermoë,” het nog `n Tuks rotsklimmer, Jaco Zwarts, gesê.
Talma hoop dat Tuks se rotsklim-klub, Exploratio, `n wêreldklas klim-fasiliteit word om verder rotsklim te ontwikkel in Gauteng. Perdeby wens klimmers sterkte op hul ‘Everest Event’ wat plaasvind op 1 Oktober vanjaar.