Tuks-atlete skitter by Gauteng-Noord Jeugkampioenskap

by PDBY Staff | Mar 25, 2010 | Sports

LOURENSA ECKARD

Met die meeste inskrywings in vyf jaar was die Atletiek Gauteng-Noord (AGN) Jeug- en o/23-kampioenskap, wat op 12 Maart plaasgevind het, ‘n reuse sukses. Hoërskool-, asook o/23-atlete, het meegeding om deur te dring na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Claudia Viljoen, Tuks-atleet en mediese beampte by die byeenkoms, sê die AGN-kampioenskap is die eerste stap in die rigting van die Suid Afrikaanse kampioenskappe.

“Die Tuks-atlete het veral goed gevaar,” meen mnr. Hugo Badenhorst, bemarker van Tuks atletiek. “Meeste van die atlete wat deurgegaan het is Tuks studente. Uit die provinsiale span van 104 atlete, is 91 van hulle Tuksatlete.” Volgens Badenhorst is die grootste struikelblok vir studente-atletiek ‘n tekort aan fondse. Hy is egter baie optimisties oor die toekoms van studente-atletiek, veral Tuks-atletiek.

Met die komende Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe, lyk dit of Tuks die fakkel vir Gauteng gaan dra.

Website | view posts