CHARLOTTE KEURIS
Perdeby het besluit om die Tuks-skermer, Andries McDonald, beter te leer ken. Hy skerm al vir tien jaar en het ook al aan ander sportsoorte soos rugby, atletiek en gimnastiek deelgeneem. McDonald het onlangs ? goue medalje in die Senior épée-afdeling by die Noord-Gauteng Ope gewen. Hy is besig met ‘n BSc IT-graad en is tans in sy tweede jaar. Hier is wat hy te sê gehad het:
Wat wil jy nog in jou sport bereik?
Ek wil ‘n medalje ontvang tydens die Wêreldkampioenskappe.
Wat is jou gunstelling kuierplek?
My twee gunsteling kuierplekke is die Titanic en nou en dan die Square.
As jy enige plek in die wêreld kon besoek, waarnatoe sou jy gaan?
Ek wil nog graag Skotland toe gaan; [ek] wil gaan kyk waar my familie vandaan kom en daar is iets omtrent kastele wat my opgewonde maak!
Op watter sportprestasie is jy die trotsste?
Ek is die trotsste oor my erekleure wat ek in 2008 by UP ontvang het.
Het jy al ooit in ? fliek gehuil?
[Lag] Ek sal nie sê ek het gehuil nie maar ek moes al water uit my oë uitvee. Dit was terwyl ek Marley and me gekyk het.
Wat doen jy om fiks te bly?
Ek gaan gimnasium toe waar ek ‘n program volg wat grootliks gebaseer is op super-sets vir spoed en fiksheid.
Wat is jou beste pick-up line, en werk dit ooit?
Jy vra vir ‘n dame of sy in towerkuns glo. As sy sê “ja”, dan vra jy haar vir haar hande. Hierna draai jy haar (soos ‘n tol in dans). Terwyl jy haar draai, trek jy haar na jou toe en jy beweeg oor na haar posisie. Ignoreer haar daarna en begin nou net met haar vriende te kuier. Dit behoort ‘n glimlag op haar gesig te sit. Ja, dit werk.
Wat sit jou af van ? meisie?
‘n Feminis.
Is daar ? sportster wat jou inspireer?
Daar is ‘n oud-skermer met die naam Daneil Steenkamp. Hy moes egter aftree as gevolg van ‘n besering, maar hy is ‘n legende in die skermgemeenskap. Hy is ‘n groot inspirasie.
Wat is jou motto?
“You gotta risk it to get the biscuit.”