Theunis de Bruyn onderhoud
AB BASSON
Perdeby het opgevang met Tuks 1 en SA o/19 krieketspeler Theunis de Bruyn. De Bruyn is tans ‘n tweedejaar BCom Rekeningkunde-student aan die Universiteit van Pretoria. De Bruyn was deel van die Suid-Afrikaanse o/19 span in die onlangse krieketwêreldbeker in Australië.
Wie is jou held?
Dit was Matthew Hayden, toe hy nog gespeel het. Op die oomblik sal ek sê dit is Jacques Kallis.
Waar sien jy jouself oor 5 jaar?
Hopelik naby daaraan om ‘n Protea-krieketspeler te wees asook om ‘n graad agter my naam te hê. Dit is maar ‘n droom om vir die Proteas te speel, maar daar is ‘n paar goed wat ek kan beheer soos om my graad te kry en ‘n goeie fondasie te bou vir my krieketloopbaan. Dit is die een ding van Tukkies – die professionaliteit hier is ‘top class’.
Wie sal jy sê is die beste krieketspeler ter alle tye?
Mense se Don Bradman, maar ek het hom nooit sien speel nie, so ek sal sê Jaques Kallis. ‘n Mens kan nie sy rekord met enige iemand anders vergelyk nie.
Waar het jy krieket begin speel?
In die tuin saam my pa toe ek so 3 jaar oud was, hy het vir my so ? blou bat gegee vir my verjaarsdag, van daar af was dit al ‘n groot passie. Toe ek 6 jaar oud was het ek begin by die Lynnwood-krieketakademie.
Wat sal jy se is die hoogtepunt van jou krieketloopbaan sover?
Die laaste vier maande. Ek was deel van die o/19 wêreldbekerspan in Australië en die Nasionale Akademie.
Sal jy sê jy is n beter bouler of kolwer?
‘n Beter kolwer, definitief.
Sal jy sê dat die span hulle doelwit bereik het in Australië?
Om eerlik te wees, was ons doelwit om te wen. Dit was baie teleurstellend om in die semi-finaal uit te val,want as jy kyk na ons wedstryde tydens die wêreldbeker was ons definitief die beste span. 50 overs het ons ons droom gekos.
Wie is die beste speler saam wie jy al ‘n veld mee gedeel het?
Ek het al teen Vernon Philander en Herschelle Gibbs gespeel vir Tuks1 teen die Cobras in ‘n opwarmingswedstryd.
Wie ondersteun jy?
Titans
Wat sal jy sê is jou beste wedstryd sover?
O/17 het ons (Northens) in die finaal teen Vrystaat gespeel by die provinsialeweek en toe het ek 269 lopies gemaak in ‘n 50 over wedstryd.
Image: www.cricket24hours.com