Sexpo: `n slinkse kykie agter die skerms

by PDBY Staff | Oct 17, 2011 | Entertainment

CHRIS VAN DER MERWE

Seks, eksotiese danse en `n hipnotiseur wat effe aan die stoute kant is. Waar kry mens al hierdie goed onder een dak? Jy’t reg geraai: Sexpo. Sexpo 2011 het Johannesburgin volle swang op Donderdag 29 September by Gallagher Estate getref. Alles van seksspeelgoed en pornografiese aktrises tot erotiese skouspelle was weereens te vinde by hierdie unieke geleentheid. Perdeby was natuurlik daar, rég in die middel van die aksie.

Daar is soveel wat by Sexpo aangaan, maar daar is beslis `n paar dinge wat uitgestaan het. Wanneer mens daar instap, is die eerste ding wat jou oorweldig die wye verskeidenheid uitstallings en stalletjies. Die stalletjies varieer van masseuse en `n man wat rubber-penisse gogel, tot bier wat met tequila gemeng is (wat ook blykbaar laag op koolhidrate is, dames). Daar was natuurlik verskeie groot name wat pornografie- en seksmaatskappye betref. Maatskappye soos Adult World,LuvLanden Lola Montez was oral te vinde in die twee sale waarin Sexpo gehou is. Hierdie winkels het die geleentheid gebruik om verskeie spesiale aanbiedinge aan potensiële kliënte te maak.

Anders as die vanselfsprekende stalletjies en uitstallings wat mens verwag om by so `n geleentheid te sien, was daar `n paar interessante uitstallings ook. Almal het sekerlik al iewers gehoor van Pricasso. Indien nie: Pricasso is `n Australiër wat bekend is vir sy unieke talent om skilderye met sy penis te skilder. Ja, jy’t reg gelees. Perdeby het hom `n paar vrae gevra. Vir iemand wat so oop en bloot sy “manlikheid” tentoonstel, is Pricasso maar `n man van min woorde. Volgens hom het die idee om op hierdie oorspronklike manier te skilder net een dag in sy kop opgeduik en het hy eers na `n paar probeerslae die kuns vervolmaak. Pricasso is reeds ses jaar besig met sy eie vorm van skilder en hy het al verskeie beroemde mense geskilder, insluitende George Bush, Hugh Hefner en onlangs selfs Helen Zille.

Sexpo 2011 het ook gasheer gespeel vir nog `n eksentrieke en interessante man van Australië. Mark Anthony is bekend as Australië se eerste “stoute” hipnotiseur en het na Sexpo gekom om sy talent aan `n vars Johannesburgse skare ten toon te stel. Perdeby was gelukkig genoeg om hom `n paar vrae oor sy werk en vertonings te kon vra. Volgens Anthony het die idee vir sy “Hypnaughty” vertonings gekom terwyl hy besig was met sy familievertonings in Australië. Aanhangers van sy vertonings het hom genader en gevra om ekslusiewe volwasse vertonings te doen. Sy eerste “Hypnaughty” vertoning was so suksesvol dat hy besluit het om daarmee vol te hou. Volgens Anthony is dit heeltemal moontlik om `n persoon onder hipnose tot klimaks te bring. Anthony verduidelik dat wanneer hy beheer het oor iemand anders se onderbewussyn, hy dan voorstelle na die persoon se verstandkan stuur watkan lei tot uiterste plesier. Volgens Anthony glo hy nie daarin om mense tot die uiterste toe te dryf nie. Aangesien hy `n gesertifiseerde hipnoterapeut is, hou hy by die nodige etiese waardes. Dit beteken egter nie dat hy nog nie `n paar snaakse goed met mense aangevang het nie. Volgens hom is die snaaksste ding wat hy al `n man laat doen het, om hom te laat glo dat sy skrotum aan die brand is. Blykbaar het die man dadelik na `n ysmasjien toe gehardloop en ys in sy onderbroek gedruk.

Wat Sexpo 2011 anders as enige vorige een gemaak het, was die feit dat daar vyf internasionale pornografiese aktrises teenwoordig was. Die bekendste aktrise onder die vyf is sonder twyfel Michelle “Bombshell” McGee. McGee is beroemd vir haar betrokkenheid by `n verhouding met Sandra Bullock se man, Jesse James. Die ander aktrises sluit in Alektra Blue, Stoya, Kayden Kross en Kaylani Lei. By Sexpo kon mens met hierdie aktrises gaan praat en foto’s saam hulle neem in, kom ons sê liewer net, interessante posisies.

Sexpo word jaarliks gehou en is deur en deur `n belewenis wat almal ten minste een keer moet beleef. Of dit nou saam jou vriende, jou beter helfde of (hierdie word nie aangemoedig nie) ouers is, maak seker dat jy ten minste een keer Sexpo toe gaan. Jy sal nie spyt wees nie.

Photos: Desré Barnard

 

Website | view posts