CHARLOTTE KEURIS
Wedstryd vol beserings: twee Tuks-rugbyspelers was erg beseer in hul wedstryd teen Russia op 13 Januarie. Erich van der Westhuizen, slot vir Tuks, se heupbeen is ontwrig gedurende die tweede helfde en moes hospitaal toe geneem word. Van der Westhuizen se besering was so pynlik dat hy morfien moes ontvang om hom te kalmeer. Frederik Jansen is ook beseer en sal vir die volgende vier weke nie kan speel nie.
Nuwe rugbykaptein: Shaun Davids, losskakel vir Tuks, was op 14 Januarie as kaptein van die Tuks-rugbyspan vir die 2010 FNB Varsity Cup benoem. Davids is die eerste swart rugbyspeler om as kaptein vir Tuks tydens die Varsity Cup op te tree en was ook die eerste swart kaptein gedurende die Carlton-liga in 2009.
Tuks se vroue-sewespan speel internasionaal: Die span het laas jaar hulle waarde bewys toe hulle in Desember dit tot die halfeindstryd van die IRB toernooi in Doebai gemaak het. Hierdie jaar is die span genooi om weer in die IRB toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate deel te neem. Verder sal die span diƩ jaar ook in talle ander oorseese toernooie in plekke soos Las Vegas, Hong Kong en Nairobi deelneem.