MICHELE DEMPSTER
Silva Kuschke, Primaria van Nerina deel met ons haar diepste donkerste geheime in hierdie week se Res Profile.
Wat is jou portefeulje?
My portefeulje is Primaria, seniorvoog en serenade.
Wat studeer jy?
Ek is ‘n vierdejaarstudent in spraakterapie en oudiologie.
Waarvoor is Nerina die meeste bekend?
Ons het baie goeie sosiale vaardighede.
Wie is julle grootste kompetisie?
Ons het nie kompetisie nie, aangesien ons die beste is! Ons sien geen ander koshuis as ‘n bedreiging nie, want ons weet wie ons is.
Wat is jou lewensleuse?
As jy nooit probeer nie, sal jy nooit weet nie.
Wat sal ek nou in jou yskas kry?
Appels, wortels, groen ystee en melk.
Wat maak jou kwaad?
Onregverdigheid.
Big Mac of die Colonel Burger?
Big Mac.
As jy enige dier kon wees, wat sou dit wees en hoekom?
‘n Llama, dis ‘n inside grappie.
Waar hang jy uit?
Die Uniegebou en die Musaion se dak.
Wat koop jy by die eetsaal?
Sjokoladekoekies.
Wat is jou gunstelingfliek?
The Lion King.