Res-profiles Madelief

by PDBY Staff | Jul 27, 2010 | Uncategorized

IRANDA ERASMUS

 

Perdeby het gaan uitvind wat Anzel Steyn, primaria van Madelief, laat tick.

 

Wat studeer jy?

Ek is ‘n derdejaar LLB-regte student, maar het aanvanklik elektriese ingenieurswese gestudeer.

Watter oomblik in jou koshuisloopbaan staan veral vir jou uit?

Al die spesiale aktiwiteite wat so eie is aan koshuislewe, soos ontheffing,Serrie en Ienkmelodienk.

Wat is ‘n Madelief-meisie se beste eienskap?

Hulle is dames. Dit maak nie saak waar jy gaan nie, op kampus of op die strand, jy sal altyd ‘n Madelief-meisie dadelik kan herken. Ons is uniek! Die meisies is die personifikasie van Aristotle se gesegde “Excellence is not an act, but a habit”.

Wat is jou gunsteling-koshuistradisie?

Die jottir, ‘n tradisionele hoed wat deel uitmaak van ons koshuisdrag. As Madelief-meisies het die meeste, en beste, van ons stories hiermee te doen. Gedurende my eerste dag by Tuks het ‘n Maroela-man my jottir probeer steel. Toe steel ek en ‘n groep vriendinne sy keps en gooi dit in die modder! Die jottir is nie net ‘n hoed nie, dit het ‘n groter betekenis. Dit forseer jou om die wêreld in die oë te kyk.

Het jy enige verdere planne vir die koshuis in die jaar 2010?

Ek wil seker maak die koshuistradisies gaan nie verlore nie. Op die oomblik ervaar ons teenstand uit alle oorde. Ek wil veral seker maak dat ons eerstejaars, wat so vroeg onthef is, vasstaan in ons tradisies en dit van generasie tot generasie sal oordra.

Wat is die malste ding wat jy al ooit gedoen het?

Ons raid by Sonop in ons eerste jaar… Scary maar lekker!

Website | view posts