ZOE NGOMBANE
Anru Liebenburg,
Voorsitter van Huis Mopanie
Wat studeer jy?
MDiv (teologie nagraads)
Hoeveel jaar is jy in die koshuis?
5 jaar
Wat is jou beste herinnering in die koshuis?
Die Stellenbosch-feesjaar treintoer
Wat is jou passie en hoekom?
My passie is Jesus. Hy hou my aan die gang en gee my ‘n passie vir mense.
Wat is jou planne vir Mopanie hierdie jaar?
Om ons etos as ‘n huis uit te leef, om ware “officers & gentlemen” te wees. Om alles te doen tot die beste van ons vermoë en die tye van ons lewens te hê.
Hoe onthou jy jou eerste dag in Mopanie?
Ek was opgewonde, maar ook bang vir die jaar. En ek het my ma gemis!
Wie dink jy is Mopanie se grootste kompetisie?
Ons is self ons grootste kompetisie, ons moet aanhou om onsself te verbeter as ons bo wil bly.
Wie is jou gunsteling dameskoshuis en hoekom?
Magrietjie. Ek het baie vriendinne in Magrietjie.
Watter sportsoorte beoefen jy?
Ek speel krieket en hou van swem en draf.
Na watter musiek luister jy?
Ek luister, onder andere, na John Mayer, Switchfoot, Straatligkinders, Hillsong United en Retief Burger.
Wat sal ‘n mens op hierdie oomblik in jou yskas vind?
Melk en water. Ek is ‘n student!
Wat is jou gunsteling maaltyd by die eetsaal?
Spaghetti Bolognaise.
Wat maak jou kwaad?
Onregverdigheid.