Res Profile Zinnia

by PDBY Staff | Aug 4, 2010 | Uncategorized

Katlego mkwanazi

 

Lize Olivier  Primaria van Zinnia

Hoe lank is jy al in Zinnia?

Dit is nou my vierde jaar.

Wat sou jy sê is ‘n Zinnia-meisie se beste eienskap?

Zinnia-meisies is plat op die aarde.

Wat is Zinnia se grootste tradisie?

Ons is nog baie jonk maar ek dink ‘n nuwe tradisie wat baie cool is, is ons eerstejaars wat almal feetjie-vlerkies saam met hulle ienkdrag dra.

Hoe onthou jy jou eerste dag in Zinnia?

Ek het eers later in die jaar ingetrek. Dit was die aand van die mans-serrie-uitdunne, so dit was ongelooflik lekker.

Wat is jou beste herinnering in die koshuis?

Die beste tye in die koshuis was saam met my vriendinne. Die aande wat ons omgesels en gekuier het.

Wie dink jy is Zinnia se grootste kompetisie?

Ek dink almal is ons kompetisie.  Ons het laas jaar so goed gedoen dat ek glo daar is nie ‘n koshuis  wat ons nie kan wen nie. Dit gaan net harde werk wees maar ons kan dit doen.

Na watter musiek luister jy?

Ek hou baie van Afrikaanse musiek en hip hop.

Wat is jou gunstelingfilm?

High School Musical (al 3).

Wat is jou gunstelingmaaltyd by die eetsaal?

 ‘n Pakkie chips, ‘n pakkie biltong en ‘n Coke.

Wat maak jou kwaad?

Mense wat sê hulle gaan iets doen en dit dan nie doen nie.

Wat is jou slegste gewoonte?

Ek is altyd honger.

Hakke of sandale?

Sandale

Watter kleur beskryf jou die beste en hoekom?

Oranje, want Zinnia was my lewe vir die afgelope 4 jaar.

Wat wil jy hierdie jaar anders as verlede jaar doen?

Ek sal graag wil hê ons moet hierdie jaar in die serenade-finaal wees.

Website | view posts