Perdeby het ‘n paar vrae aan Eliz-Marie Delport, Primaria, Dissiplinêre HK en Tweedejaarsvoog van Curlitzia, gerig.
Hoeveelste jaar is dit vir jou in die koshuis?
Dit is my derde jaar.
Wat studeer jy?
MBChB (Medies)
Wat is jou planne vir Curlitzia hierdie jaar?
Dat elke meisie sal sê 2010 was haar heel beste jaar in die koshuis. Hierdie jaar gaan ons net seker maak ons geniet alles wat ons aanpak: ons eie koshuis van die jaar wees!
Wat is Curlitzia se grootste uitdaging?
Daar is geen uitdaging te groot vir die meisies van Curlitzia nie. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!
Hoekom is Curlitzia die beste koshuis?
Daar is ‘n atmosfeer rondom Curlitzia. Dis die plek waar ons wil wees. Die meisies in Curlitzia is slim, mooi, hardwerkend en ambisieus: hulle streef daarna om werklik ‘n verskil te maak. Dit is great om deur sulke inspirerende meisies omring te wees! Alles wat ons doen, doen ons met oorgawe en trots.
Wat was jou gunsteling-ervaring in die koshuis?
Serrie is altyd ‘n lekker ervaring, maar alles is lekker as jy dit saam met jou beste vriendinne kan doen. In Curlitzia het ek regtig my toekomstige strooimeisies ontmoet!
Wie is jou gunsteling-manskoshuis?
Manskoshuise is soos kinders: jy kan nie die een bo ‘n ander voortrek nie!