Rad vs Sad: Musikale toneelstukke

by PDBY Staff | Sep 21, 2011 | Entertainment

CHRIS VAN DER MERWE

Musikale toneelstukke: `n perfekte mengsel van drama, sang en dans – of is dit? Dit is moeilik om te dink dat so `n kombinasie verkeerd kangaan, maar die teendeel is nou al oor en oor bewys. Al was daar al verskeie klassieke optredes deur die jare, is daar veel meer bevraagtekenbare en belaglike optredes wat al die lig gesien het. Vandeesweek kyk Perdeby na `n paar verruklike en `n paar vernederende toneelstukke.

RAD!

Big Boys Don’t Dance

Het jy al ooit gewonder hoe dit sal wees as The Hangover in `n musikale toneelstuk omskep word? As jy het, dan hoef jy nie langer nie. Big Boys Don’t Dance is `n satiriese uitkyk op die gewone ervaringe van `n Suid-Afrikaanse man net voordat hy trou en sy broer wat hom oor sy verlede moeilikheid gee.

Avenue Q

So, jy weet hoedat Sesame Streetjou oortuig het dat almal spesiaal is en dat daar absoluut niks is wat jy nie kan doen nie? Avenue Q, met sy bleek en satiriese uitbeelding van die lewe, seks en verhoudings, sal jou twee keer daaroor laat dink. Dit is een van die oorspronklikste konsepte wat al ooit in `n toneelstuk omskep is. Sesame Street – vir volwassenes.

Wicked

Vandat ons klein was, het ons ouers ons met een belangrike lewensles gepeper: dat elke storie twee kante het. Dink byvoorbeeld aan The Wizard Of Oz – almal was baie vinnig om die heks te veroordeel net omdat sy die antagonis is. Wicked speel die kaarte `n bietjie anders. Dit handel oor die verhaal van The Wizard Of Oz, maar van die heks se oogpunt af.

SAD!

Kanye West: Graduation The Musical

As daar nou al ooit `n persoon met `n te groot ego was, dan is dit Kanye West. Ons het al baie in die nuus gehoor van hoe hy by toekenning-seremonies kop verloor. Hy het dit egter hierdie keer `n stap te ver geneem. Wat maak sy lewe so belangrik en ontsagwekkend dat hy dit nie net soos ander bekendes in `n outobiografiekanoorvertel nie?

Winnie: The Opera

Winnie Madikizela-Mandela is `n belangrike vrou in ons land se geskiedenis, vir meer as net die feit dat sy met `n belangrike man getroud was. Sy was ook bekend as politikus en aktivis. Dit is alles goed en wel. Is dit nou regtig nodig om jou lewensverhaal in die vorm van `n opera oor te vertel?

Moby Dick

Almal ken die verhaal van Herman Meville se Moby Dick. Of jy dit nou gelees het of op TV gesien het, jy weet basies waaroor dit gaan. Dit is glad nie `n slegte idee om die verhaal te omskep in `n toneelstuk nie. Wat wel `n slegte idee was, was om die toneelstuk in `n skool se swembad te doen. Die toneelstuk het egter 15 weke by die Piccidilly Teater oorleef voordat dit tot `n gelukkige einde gekom het.

Children of Eden

Soos jy sekerlik uit die naamkanaflei, het hierdie toneelstuk oor die Bybel gehandel. Soos wat mens nie oor geloof praat wanneer mens drink nie, moet mens nie probeer om die Bybel in `n drama te verander nie. Die liriekskrywer, Stephen Schwartz, het dinge nog verder met sy omstrede lirieke omgekrap. Nodeloos om te sê, die skouspel het nie lank gehou nie.

Beeld: Gerhard Louw

Website | view posts