COBUS COETZEE
Die Proteas is by uitstek uit vele monde aangewys as die span wat die mees gebalanseerd in die jaar se Krieket Wêreldbeker was. Opsies het hulle oorgenoeg van gehad, veral in die boulafdeling. Dit het hulle bewys deurdat hul die enigste span was wat in die groep rondtes 60 paaltjies in ses wedstryde kon neem.
Tog kon die Proteas in die mees belangrikste wedstryd nie kophou nie. Hulle het onder druk geswig en teen Nieu Seeland in die kwarteindrondte verloor.
Opsomming van Suid Afrika se Wêreldbekerveldtog:
Suid Afrika het sy Wêreldbekerveldtog met `n oortuigende wen teen Wes Indië afgeskop. Suid Afrika het Wes Indië met sewe paaltjies geklop deur die teiken van 223 gemaklik met sewe paaltjies staande en 43 balle oor te bereik. AB de Villiers (107*) en Imran Tahir (4-41) het in die wedstryd uitgeblink.
In die Proteas se tweede wedstryd teen Nederland was dit weereens de Villiers (134) en Hashim Amla (113) wat aan Suid Afrika `n reuse totaal van 351 vir die verlies van 5 paaltjies besorg het. Suid Afrika het Nederland vir 120 uitgeboul en het met 231 lopies gewen. Die wedstryd het ook die vierde hoogste oorwinningsverskil in `n Wêreldbeker wedstryd besorg. Tahir het weer onder die boulers uitgestaan met syfers van 3-19.
Die derde wedstryd in die groep rondtes was teen Engeland. Dit was `n naelbyt-wedstryd, en ook die enigste een wat die Proteas in die groep rondtes verloor het. Suid Afrika se boulers het weereens goeie werk gedoen om Engeland tot 171 te beperk, met Tahir wat syfers van 4-38 gekry het. Suid Afrika het met ses loopies te kort geeindig toe hul uitgeboul was vir 165.
Vierdens het Suid Afrika teen Indië te staan gekom, nog `n naelbyter wat die keer vir Suid Afrika beter geeindig het. Indië het eerste gekolf en het 296 lopies aangeteken. voor die Suid Afrikaanse boulers skoonskip van hul gemaak het. Hierdie teiken is met twee balle spaar bereik, Suid Afrika het met 3 paaltjies geseëvier. Dale Steyn het boulfigure van 5-50 gehad, met Kallis wat 69 lopies aangeteken het.
Die voorlaaste wedstryd teen Ierland het met `n gemaklike oorwinning van 131 lopies geïndig. Suid Afrika het 272 vir sewe in hul toegelate 50 boulbeurte bereik, en Ierland uitgeboul vir 141 lopies. JP Duminy het 99 lopies in dié wedstryd gemoker, en Robin Peterson het drie paaltjies vir 32 lopies gekry.
Suid Afrika se laaste wedstryd was teen Bangladesj. Die Proteas het 284-8 aangeteken, en Bangladesj vir `n vernederende 78 uitgeboul en dus gewen met 206 lopies. Kallis en Peterson was die sterre in dié wedstryd, Kallis het 69 lopies aangeteken en Peterson spog met boulfigure van 4-12. Dit het Suid Afrika bo aan die Punteleer van groep B geplaas, en `n kwartfinaal teen Nieu Seeland verseker.
In die kwartfinaal het Nieu Seeland `n middelmatige telling van 221 vir agt aangeteken in hul 50 boulbeurte, en was Suid Afrika goed oppad om die teiken te na te jaag met 108 vir twee na 25 boulbeurte. Die middelorde het ongelukkig in die hek geduik, en het Nieu Seeland die Proteas vir 172 uitgehaal en Suid Afrika met 49 lopies uit die Wêreldbeker geskop.
Teen druktyd is die finaal nog nie gespeel nie.