SIMONE VENTER
Wanneer daar oor prostitusie gepraat word, dink jy dalk aan Julia Roberts in Pretty Woman – waar sy die rol van `n prostituut vertolk wat uit haar omstandighede gered word deur Richard Gere se karakter. Om hierdie fliek egter as maatstaf te gebruik om opinies oor prostitusie te vorm, is om slegs die glansbeeld daarvan te sien. Dit is ver verwyderd van die realiteit en dus het Perdeby besluit om ondersoek in te stel na hierdie beenwysbedryf om vas te stel of die wettiging daarvan `n verskil maak of nie.
Prostitusie is die aktiwiteit waarby seksuele dienste gelewer word waar die prostituut dan geld of selfs goedere ontvang vir haar dienste. Vir een of twee studente is dit dalk die enigste manier om hulle studies te betaal, vir iemand anders die laaste uitweg vir kos of selfs blyplek. Dit word beskryf as een van die oudste bedrywe in die wêreld en word orals beoefen, alhoewel die wettigheid daarvan van plek tot plek verskil. Daar is verskeie vorme van prostitusie, onder andere straatprostitusie (byvoorbeeld die vrouens wat op die straathoeke staan en veral volop is in Kerkstraat), rooilig-distrikte en bordele (kom voor inNederlanden Duitsland) en “escorts” (word gewoonlik op die internet, verskeie mediabronne en selfs die telefoongids geadverteer).
As meeste mense aan die fliek Eurotrip dink, staan die deel in Amsterdam eerste uit. Vir meeste is die idee van `n stad waar prostitusie en dwelms wettig is `n droom. Nederland (spesifiek Amsterdam) is een van die bekendste bestemmings waarheen duisende toeriste jaarliks stroom sodat hulle ‘n plek kan ervaar waar dagga in kafees verkoop word en prostitusie `n erkende bedryf is. Die alombekende rooilig-distrik (Rossebuurt, soos dit deur die plaaslike inwoners genoem word) is `n trekpleister vir oud en getroud, sowel as die jong en speleriges.Nederland is egter nie die enigste liberale land nie, maar een van 50 in die wêreld waar prostitusie wettig is. Van die ander sluit in Argentinië, Oostenryk, Griekeland, Kanada,Mexiko,Portugal, Switserland, en so meer.
Suid-Afrika is egter een van die lande wat die praktyk in die strengste afkeur. Dit keer nie die “vroue van die nag” om op straathoeke rond te paradeer nie, maar veroorsaak wel dat hulle daarvoor gearresteer kanword. Dit is al vanaf 1957 onwettig onder die Wet op Seksuele Misdrywe, alhoewel daar telkens deur verskeie organisasies gepoog word om dit te wysig. Die grootste aanslag is in 2010 ondervind, toe menigte buitelanders en selfs plaaslike mense gevra het om prostitusie vir die Wêreldbeker wettig te maak, asook vir addisionele sorg vir die sekswerkers. Dit het nie geslaag nie, maar daar is steeds organisasies en individue wat hard baklei om dit `n realiteit te maak. Francois Benade, `n finalejaar BCom Beleggingsbestuur student, sê dat die wettiging van prostitusie “utmost chaos” in die land sal veroorsaak, veral in die lewens van jong meisies.
Om egter `n ingeligte besluit tekanmaak oor die wettiging van prostitusie moet daar na die voordele sowel as die nadele daarvan gekyk word. Cherylynne Baxter, `n tweedejaar regstudent, is van mening dat alhoewel dit moreel verkeerd is, dit definitief as voordelig gesienkanword, omdat dit die polisie meer tyd gee om aan ernstige misdade te bestee, en as dit korrek toegepas word, belasting daarop geëiskanword. Die hele industrie sal ook beter gereguleerkanword, met prostitute wat maandeliks mediese ondersoeke moet ondergaan. Hulle sal meer beskerming kry en nie uitgebuit word nie. Ditkanook `n manier wees om kinderprostitusie te verminder en selfs heeltemal uit te sny. Die wettiging van prostitusie het egter ook vele nadele. Wette word geskryf en toegepas om die groter bevolking te beskerm, maar deur prostitusie te wettig word daar dan nie juis nié beskerm nie? Ditkan`n morele verval veroorsaak, waar waardes en norme wat van kleins af aan ons geleer is, glad nie meer gewig dra nie, omdat alles wat as verkeerd gesien word, dan wettig is. Verderkandit ook huwelike en die heiligheid daarvan vernietig, omdat huweliksmaats skielik seks op ander plekkekangaan soek, sonder om aan die verkeerde kant van die gereg te eindig. Eugenie Raymond, `n eerstejaarstudent, dink ook dat die wettiging van prostitusie nadelig sal wees vir veral die jongmense in die land, omdat hulle nog deur emosies en hormone beheer word en dat dit hulle waardes en normes kan laat wankel.
Prostitusie is `n populêre bedryf, selfs al is dit nie wettig nie en vorm deel van meeste lande se vermaakbedryf. Of die wettiging daarvan ooit sal plaasvind in Suid-Afrika is steeds onder bespreking. Moet prostitusie hier in ons eie land ook `n algemene praktyk word, of is daar steeds sekere dinge wat nie wettig moet wees nie, veral as gevolg van die impak wat dit op soveel lewenskanhê?
Photo: Kobus Barnard