MAGDALEEN SNYMAN
Drie jaar na Yesterday’s Pupil se eerste album het Peach van Pletzen sy tweede album op `n baie ongewone manier vrygestel. Singularity word in vyf dele vrygestel, twee maande uitmekaar. Perdeby het tydens Jool met Peach oor sy nuwe album en die storie agter Yesterday’s Pupil gesels.
Waar kom die naam Yesterday’s Pupil vandaan?
Daar is `n ou quote uit die 1600’s deur Thomas Fuller wat gesê het, “Today is yesterday’s pupil” en ek hou baie daarvan. Yesterday’s Pupil sê baie van die manier wat ek self musiek approach deur baie elemente en goed te leen uit die verlede uit, soos musiek uit die 60’s, 70’s en veral 80’s ook.
Min mense weet dat jy op skool al in Blunt Magazine verskyn het saam met jou band op daardie stadium, SHU. Is daar enige iets van SHU wat jy vandag in Yesterday’s Pupil kan hoor?
Seker indirek, ja. My tyd saam met SHU het my obviously geshape, ek weet nie altyd hoe dit uitkom nie, maar daar kom seker bietjie daarvan uit in die musiek.
Het jy dit al ooit oorweeg om, soos jou ander familielede, toneel te speel?
Ek het al – ek het steeds `n baie groot liefde vir toneel. Ek verkies musiek, maar ek dink eendag sal ek dalk meer begin belangstel in toneel en ek het al `n paar keer sulke art acting jobs gedoen. Alles gemeng met musiek natuurlik, ek het byvoorbeeld Jerry Alison gespeel in die Buddy Holly produksie.
Jou nuutste album is gratis op die internet in dele vrygestel. Waarom het jy besluit om dit op hierdie manier vry te stel?
Ek dink ek het dit free gemaak omdat musiek free is regardless. Ek wil hê mense moet dit eerder van die source af kry en goeie kwaliteit kry. Mense is klaar heeldag lank op hulle rekenaars so ek gaan nie geld daaruit maak nie, maar baie meer mense gaan dit hoor en dit beat die geld element. En dit moet in dele gebeur want mense sal nie alles op een slag kan handle nie.
Waarna kan jou aanhangers op die nuwe album uitsien?
Baie beter production, beter songs, meer vocals, en dis baie meer divers – dis een van die redes hoekom ek dit in dele doen.
Hoe balanseer jy produksie, Bittereinder, Yesterday’s Pupil en al die collaborations waarby jy betrokke is?
Jis … ek weet nie altyd nie, dit kan tricky raak, maar ek dink jy moet net `n bad-ass schedule run. Jy moet geduldig wees en steeds verskriklik hard werk. Ek dink ook as ek my Bittereinder-skoene aantrek dan bestaan die ander goed nie en as ek weer aan Yesterday’s Pupil werk is dit al. Partykeer overlap daar goed en dis wanneer dit regtig moeilik raak.
As jy met enige musikant in die wêreld kon saamwerk, wie sou dit wees en hoekom?
Thom Yorke van Radiohead, net omdat die impak toe ek die eerste keer Radiohead gehoor het (Big Hits ’97) toe was ek soos, “holy s**t”. Hy’t net `n moerse impak op my gemaak. Sy stem is ongelooflik, ek sou saam met hom wou werk deur hom te record en dan iets daaruit te maak. One can dream.
Het jy enige talente waarvan jou aanhangers nie weet nie?
Op laerskool het ek SA-hoogspring gedoen. Ek’s mal oor fotografie. Ek weet nie of dit `n talent is nie, maar ek doen dit vir fun op al ons toere. En ek het onlangs vir oefening (om uit die studio uit te kom – almal het `n tan behalwe ek) bietjie begin tennis speel.
Watter raad het jy vir studente wat graag in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf `n sukses wil maak?
Moet nooit `n scene of `n trend volg nie, doen jou eie ding. Wees oorspronklik al klink dit regtig bad – niks wat oorspronklik is het dadelik goed geklink nie. Wees geduldig. Moenie enige iets oornag verwag nie, maar werk jou gat af. En hou aan glo dat jy daar sal uitkom. As ek aan myself sewe of agt jaar terugdink het ek gedink, “Jis, ek sal op hierdie stage wil speel en ek wil hê die Perdeby moet my interview” en dan gebeur dit alles so stappie vir stappie. Jy voel dit nie gebeur nie, maar as jy terugkyk dan het dit gebeur.
Photo: Louis Minaar