Partytjie met hart

by PDBY Staff | Jan 28, 2010 | Entertainment

GUSTAV PRELLER

 Jool is loshande die grootste makietie wat die hoofstad jaarliks tref.

Die beste deel van Jool is dat jy met ’n goeie gewete jou luste die vrye loop kan gee: die geld wat uit die gefuif gemaak word, gaan alles aan liefdadigheid. 

Veral twee gebeurtenisse staan vanjaar op die Joolkalender uit: TuksRag Festival en die optog se afterparty. 

Op 29 Januarie is dit tyd vir die TuksRag Festival op die Joolplaas. Dié partytjie sluit groot plaaslike name soos Ashtray Electric, New Holland, Thieve, Jack Parow, Straatligkinders en Die Heuwels Fantasties in.

Op 30 Januarie, ná die vlotoptog, skuif die musiek na Hatfield Square. Hier sal onder andere Tidal Waves, aKing, Taxi Violence, TKZee, Gang Of Instrumentals, Jack Parow en Black Coffee speel. 

Die fondse wat deur Jool ingesamel word, gaan vanjaar onder meer aan die Paul Jung Nickel-tehuis vir gestremdes en Helpnet-huis vir agtergelate, mishandelde en verwaarloosde kinders.

Website | view posts