TALITA CALITZ
Black Era is in 2006 gevorm en bestaan uit vier diverse musikante wat ‘n groot passie en insig vir musiek deel: Karlo de Villiers (voorsanger en kitaar), Rudolph Botha (kitaar), Elmi Botha (baskitaar) en Adriaan Cruywagen (tromme). In Pretoria het hierdie band al bykans elke venue se verhoog betree en hulle geniet wye ondersteuning onder jong rockliefhebbers. Hulle musiek geniet aanhang by Afrikaans- en Engelssprekendes en is vinnig besig om deur die Suid-Afrikaanse musiekgrense te breek. Perdeby het met Rudolph, Karlo en Elmi gepraat om meer uit te vind oor hul liefde vir musiek.
Wat is van die beste dinge wat fans al vir julle gesê het?
Rudolph: Die beste ding om van ‘n fan af te hoor, is dinge soos Julle is my favourite band” of “Jul is die beste band in SA”, of goed soos “Ek kan oor en oor na julle album luister en nie moeg raak nie”. Sulke goed is altyd great om te hoor, want dit laat jou op ‘n manier voel asof al die harde werk wat jy as band insit, begin beloon word. Die belangrikste vir my bly net om nie sulke dinge kop toe te vat en te dink dat jy agteroor kan sit nie, want daar is altyd plek vir nog verbetering. En mens moet so down to earth as moontlik bly.
Elmi: Dat ons ‘n baie unieke band is met ‘n unieke styl en dat ons dit groot gaan maak. Dat ons amazing live is en dat ons ‘n awesome rock ‘n roll band is.
Karlo: Dat ons regtig plat op die aarde is en nie baie van ons self dink nie.
Hoe het elk van julle ‘n passie vir musiek ontwikkel?
Rudolph: Ek is al van klein af mal oor musiek, maar toe ek nege jaar oud was, het my ma my voorgestel aan die kitaar, en van toe af was ek hooked! Ek’t nog altyd gedroom om voor mense musiek te kan perform, en CD’s te maak ens. En nou is ek blessed genoeg om dit te kan doen!
Elmi: Ek het nog altyd belang gestel in musiek. Ek het van kleins af begin klavier en keyboard speel en van daar af het ek nog nooit ophou musiek maak nie. My grootste passie in my lewe is musiek. Ek is al deur baie musiek geïnspireer. Ek het nog altyd gedroom daaroor om in ‘n awesome band speel en ek het dit bereik. Ek glo ek’s maar net met musiek in my gebore en my passie vir musiek sal nooit weggaan nie.
Karlo: Ek’t met musiek in die huis groot geword. Met ‘n pa wat in die 60’s ‘n tiener was, is dit moeilik om nie te wil ROCK ‘N ROLL nie.
Waar kom die idees en inspirasie agter julle musiek vandaan?
Rudolph: Dis vir my baie belangrik om nie agter ‘n vaste styl aan te skryf nie, maar meer agter ‘n gevoel, ‘n “vibe” aan. As ek ‘n idee of melodie in my kop kry, en reeds in my geestesoog sien hoe mense daarop beweeg, dan weet ek dat ek iets beet het! Ek persoonlik het nie regtig spesifieke “influences” wanneer ek skryf nie, as iets goed klink, dan klink dit goed!
Julle is bekend vir julle “explosive” optrede en unieke styl. Hoe hou julle dit vol?
Karlo: Dit is redelik natuurlik vir ons, en ek kan dit definitief nie keer wanneer ek eers op die stage is nie. Gaan groot of gaan huistoe, dit is die beste gevoel om die crowd te entertain en dit fuel net die performance aan as die terugvoer ook goed is.
Wat is die malste goed wat julle by gigs al beleef het?
Karlo: Sjoe … elke gig is mal op sy eie manier en ek glo nie daar is iets wat bo ‘n ander gebeurtenis kan uitstaan nie.
Rudolph: Ek stamp gereeld my kop teen die dak van die stage, val nou en dan, en het ook al met my kitaar in ‘n muur aan die kant van die stage vasgeloop, en sodoende in die middel van ‘n song die guitar se kop afgebreek!
Elmi: Mal mense en fans wat onderklere op die stage gooi!
As julle nie ‘n gig speel of in die studio is nie, wat doen julle as ‘n day job?
Rudolph: Ek sit gereeld voor die rekenaar en doen admindinge vir die band en probeer soveel moontlik dinge gereël te kry, soos interviews, gigs, marketing, ens. Ek gee ook kitaarlesse vir ekstra inkomste.
Elmi: Ek swot tans musiek by TUT – Jazz Piano.
Karlo: Kitaarlesse en web development.
Wie is die grootste invloed op julle musiek en hoekom?
Rudolph: Soos ons reeds gesê het, vir ons is daar nie ‘n spesifieke band wat ‘n invloed het nie, maar as ek nou ‘n paar moet noem wat al wel ‘n rol gespeel het, sal dit bands wees soos Motörhead, AC/DC, Jet, Wolfmother, Deep Purple, Kings of Leon, Rise Against en dalk so ‘n bietjie Black Sabbath en Led Zeppelin. Hoekom? Want daai “vibe” en gevoel word geskep deur die musiek!
Hoe was dit om met Bouwer Bosch van Straatligkinders saam te werk vir die liedjie Terugveg Tweegeveg?
Rudolph: Baie lekker en smooth! Ons het ‘n rowwe weergawe van die song by my huis record, en vir hom gemail, met die lyrics, melodie ens. Hy’t toe ‘n paar goedjies bygeskryf en sy dele in Potch opgeneem. Dit was baie lekker om te sien hoe bereidwillig hy was om saam te werk, en dat hy dit self baie geniet het! Ek voel ook dat dit gehelp het om te wys dat ons nie ‘n “narrow-minded approach” het teenoor musiek nie. Ons het nie die “ek speel net old school musiek in Engels en enige iets anders is crap” mindset nie. Ons is oop vir enige iets nuuts en anders! En ons is almal Afrikaans, so ons kan net sowel ‘n song in Afrikaans release!
Elmi: Dit was ‘n awesome experience om saam met Bouwer te werk. Hy’s ‘n awesome mens en hy het ‘n baie goeie werk gedoen met sy kreatiwiteit en sy unieke stem. Ook toe ons die musiekvideo geskiet het. Dit was lekker om saam met hom te werk. Hy’s kreatief, hardwerkend en hy’t ‘n passie vir wat hy doen.
Rudolph: En dit was MAL om die song saam met hom live te perform by die album launch! Die crowd het harder gesing as ons!
As jy meer van Black Era wil hoor, kan jy hulle by Cafe Barcelona op 23 September saam met Die Tuindwergies sien. Jy kan ook hul album Feel Good by hulle shows koop vir net R80, of aanlyn by www.rhythmrecords.co.za. Jy kan ook hulle MySpace (www.myspace.com/blackeraband) en Facebook bladsye besoek.