LOURENSA ECKARD
Bokslegende Sugar Ray Leonard het eens gesê dat die uitdaging wat boks jou bied as jy die kryt betree met niks anders vergelyk nie. As jy opsoek is na ‘n uitdaging, is die Contender Boxing Gym die plek vir jou.
Contender Boxing Gym SA is in 2004 begin en is gegrond op ‘n oorsese konsep waar voornemende boksers voorberei word vir uitdunrondtes om eindelik te bepaal wie die kampioen is. Volgens eienaars Evette Schoeman en Paul Kietzmann, beoog die Contender-handelsmerk om ‘n gym oop te maak binne stap afstand van elke universiteit in die land. Universiteite sal dan teen mekaar kan kompeteer en die wenner sal ‘n kontant- prys ontvang, asook gratis lidmaatskap en dieetaanvullings. Kietzmann en Schoeman beoog ook om ‘n realiteitsreeks te begin wat gegrond sal wees op die uitdunrondtes.
Die Contender spesialiseer in fiksheid vir vrouens en kinders. “Kinders is die toekoms en wat boks betref, benodig ons al die talent wat ons kan kry”, meen Schoeman. Sy voeg ook by dat mans egter welkom is om by die Contender aan te sluit. “Enigiemand is welkom, ongeag geslag of ouderdom”
Vir diegene wat dink dat boks ‘n brutale sport is, sê Schoeman dat sportsoorte soos rugby ook as brutaal beskou kan word en dat boks ‘n manier is vir mense met aggressiewe neigings om op ‘n konstruktiewe wyse van hulle aggressie ontslae te raak.
Vir meer inligting oor hoe om n ‘Contender’ te word, besoek gerus the Contender Boxing Gym by 525 Duncan straat, Hatfield of skakel vir Evette by 074 113 9685.