Motorkoop: van stap na petrol trap

by PDBY Staff | Oct 25, 2011 | News

MARISA BURGER

Daar is `n handjievol herinneringe wat die ware student koester, en met verloop van tyd word daar vele mylpale bereik. Soos die jare aanstap, verhoog die belangrikheid van die tipe geleenthede wat opduik, saam met dit die risiko’s verbonde daaraan. Een van die belangrike stappe wat voor die student se deur lê en wag, is waarskynlik die aankoop van jou eerste motor. Dit is `n ingewikkelde proses en kannie juis in dieselfde lig gestel word as die keuse tussen rooi- of witwyn nie. Die aankoop van `n motor is `n tydrowende proses waar `n paar noodsaaklike stappe gevolg moet word voordat jy agter die stuur van jou nuwe wiele kaninskuif. Perdeby het om dié rede verdere ondersoek ingestel om aan jou`n onvergeetlike ervaring van motorkoop te verseker. Hier is `n paar riglyne wat jykan volg om die proses van motorkoop te vereenvoudig sodat jy met `n glimlag by die handelaarkan wegry.

Eerstens moet jy op die regte tipe motor besluit, wat deur jou individuele smaak en voorkeure bepaal sal word. Verskillende faktore soos finansiële beperkings – waarvan elke student bewus is – en selfs vereistes van die beroep waarin jy belangstel, sal hier `n rol speel. Dit is van kardinale belang om seker te maak dat dit in jou begroting pas om die paaiement van die motor te betaal ná alle ander vaste uitgawes afgelos is. Hierna kan daar dan aandag gegee word aan die keuse tussen `n nuwe motor en `n tweedehandse motor. Hou in gedagte dat jy `n groot bedrag geld kan spaar met die aankoop van `n tweedehandse motor, veral as die kilometers min en die motor goed opgepas is. Dié opsie is gewild onder die studente opsoek na hul eerste motor. Op grond van bogenoemde besluit,kanjy nou verdere inligting op die internet en ander bronne gevind, waar jy pryse en jaarmodelle met mekaarkanvergelyk. Hoe meer navorsing oor daardie spesifieke motor gedoen word, hoe skraler is diekansdat `n handelaar jou salkanindoen. Kosbare tyd wat afgestaan is aan die navorsing, sal defnitief tot jou voordeel strek wanneer `n oneerlike handelaar jou `n gat in die kop probeer praat.

Volgens The Car Buyer’s Handbook is die mees effektiewe manier om op `n handelaar te besluit wat goeie en effektiewe diens lewer, om die voor- en nadele van elk in ag te neem en op dié wyse tot`n besluit te kom. Die drie metodes wat meestal gevolg word om `n motor te bekom is om by `n geregistreerde handelaar te koop, die motor privaat te koop, en daar is selfs die opsie om aanlyn te koop. Dit word aanbeveel om by `n geregistreerde handelaar te koop, bloot omdat dit die mees betroubare resultate lewer. Toetsbestuurgeleenthede is een van die faktore wat `n betroubare handelaar bo die ander uitsonder. Só word daar ook aan die kliënt `n waarborg gelewer en selfs die opsie om jou huidige motor in te ruil. Sommige handelaars verskaf die dienste van finansiële ondersteuning en versekering, maar dit is opsioneel. `n Motorkan ook “voetstoots” gekoop word, maar dit is onbetroubaar en te veel mense het al `n stel afgetrap deur op dié manier te koop.

Alhoewel die finansiering en beplanning as belangrik geag word, is dit ook goed om op die uitkyk te wees sodat jy nie in `n strik trap nie. Ben Popken, voormalige motorhandelaar agent, vertel aan Consumerist.com van “squeeze play” –`n metode wat tweedehandse motorhandelaars gewetenloos volg waar die kliënt na die handelaars se finansieringsdepartement gestuur word, en daar aan die kliënt beloof word dat hy of sy die lening sal verkry terwyl die motor dan reeds aan die kliënt gegee word. `n Paar dae hierna sal die motorhandelaars bel en jou meedeel dat die lening nie goedgekeur is nie, en dat `n groter bedrag betaal moet word. Dié slenter word gebruik, omdat die motorhandelaar weet dat na `n paar dae se gebruik van die motor, die kliënt enige iets sal doen om die motor te behou en so word klante afgeknou. Nog `n noodsaaklike stap om te volg vóór die kontrak met die handelaars gesluit word, is om die motor te laat inspekteer deur kundiges om seker te maak dat alles funksioneer soos dit moet en daar nie skade aan die voertuig is wat nie genoem of gelys is deur die handelaar nie. Die Bestuur en Voertuiglisensiëring Agentskap vertel dat een van die mees algemene maniere om oneerlik te wees oor die motor, is deur die odometer met behulp van `n rekenaarprogram terug te draai, en sodoende lae kilometerlesings voor te hou.

Wanneer jy die deur oopmaak en dié geleentheid lê wel voor jou deur, pak dit aan met vrymoedigheid en kundigheid. Gebruik die basiese riglyne om die proses vir jou heelwat makliker te maak. Mag die riglyne jou lei na die motor van jou drome, sonder enige dorings of struikelblokke langs die pad. Geniet elke stap van die proses – dit mag dalk net `n stap nader aan die ervaring van `n leeftyd wees.

Foto: Brad Donald

Website | view posts