ELAINE SWANEPOEL

Mopanie is nie bang vir lyf wys nie. Dit het hulle met hul jaarlikse Jock Run bewys wat op 14 Oktober plaasgevind het. Mopanie het ‘n tradisie waar die hele koshuis op ‘n sekere aand van die jaar van een dameskoshuis na ‘n ander hardloop met niks anders as blou “jokkies” aan nie. By die betrokke koshuis sal hulle dan hul spiere op die mees absurdste maniere vertoon.

Soos gewoonlik het elke gang ‘n tema gehad waarvolgens hulle moes aantrek en die ouens het bos gegaan: van haardroërs wat in onderbroeke in gedruk is, tot ouens wat roosblare (wat hulle uit hul onderbroeke te voorskyn gebring het) op gillende meisies gestrooi het.

Hierdie jaar se Jock Run het egter van vorige jare s’n verskil. Omdat dit Mopanie se feesjaar is, het die ouens in wit jokkies in plaas van bloues gehardloop.

Dit was duidelik dat die meisies dit baie geniet het, want tot laataand kon ‘n mens opgewonde gille vanuit verskeie dameskoshuise se rigtings hoor. Die ouens het dit egter ook vreeslik geniet en veral die eerstejaars – wat maar heel agter moes staan – het elke sensuele beweging met oorgawe uitgevoer.

Website | view posts