Mopanie maak ? verskil

by PDBY Staff | Aug 20, 2009 | Uncategorized

ELAINE SWANEPOEL

Vir die afgelope vier jaar help Mopanie om aan ? skool in ’n Kameeldrift plakkerskamp te bou. Hierdie projek is in 2006 deur Mopanie se Jool HK’s Tobie Louw en Pierre Brugman aangepak as langtermyn joolprojek. Louw en Brugman het begin deur ‘n klaskamer reg te maak en sedertdien het elke jaar se Jool HK’s teruggegaan om verder aan die skool te bou. Die skooltjie het nou al drie klaskamers, ? klimraam, ? sokkerveld en ? biblioteek. Hierdie jaar het 12 manne op 8 Augustus teruggegaan om al die geboue oor te verf en nuwe dakke op te sit. Op 14 Augustus sou hulle ? grasperk insit en ? speelterrein vir die kleuterskool bou. Rick Botha van huis Mopanie, wat deel is van die projek, sê dat hulle graag wil sien dat die mense van Kameeldrift die kans het om eendag terug te gee aan hulle gemeenskap. Botha sê ook: “Jool is nie net oor drink en kuier nie”. Volgens James Morrow, Jool HK 2009, was die uitgawes vir hierdie jaar alleen sowat R40 000. Dit is egter geborg deur een van Investec se takke en nog ? privaat borg. Elke koshuis moet, as deel van Jool, ? langtermynprojek van vier jaar hê.  Morrow sê dat die nuwe Jool HK van volgende jaar sekerlik hul werk in die Kameeldrift area gaan voortsit. Ten spyte van hulle goeie werk is dit vir Morrow moeilik om te sê of hulle Jool gaan wen hierdie jaar omdat daar soveel klein goedjies is wat tel. Hy voel egter dat Mopanie gedoen het wat hulle kan.

Website | view posts