Melusine van Arcadia, geskryf deur Corné Joubert, het in 2013 vir die eerste keer op die planke by die Krekvars studente-kunstefees op Tukkies se hoofkampus verskyn. Dié nuwe Afrikaanse drama het ‘n kompetisie gewen om by die Woordfees kunstefees in Stellenbosch te gaan optree. Die prys sluit ook ‘n borg om die produksiekoste te dek in. Melusine van Arcadia is ‘n familiedrama wat in Arcadia, Pretoria afspeel. Melusine, vetolk deur Tuks student Stephanie Gericke, is ‘n meermin wie se twee ouer sussies vir haar sorg na hulle ma se dood.

Gericke verskynl saam met nog ‘n Tuks student, Sharlien Schwarz, wat die oudste sussie, Mior, vertolk. Zia Sonnekus en Brandon Engelbrecht, twee finale jaar drama studente aan UP, voltooi verder die rolverdeling.

Die stuk is sedert sy eerste verskyning op die Krekvars verhoog by verskeie ander teaters, insluitend die Pierneefteater in Pretoria opgevoer. Woordfees word jaarliks deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied en is nou in sy 15de jaar. Die uitstalling bestaan uit verskeie vorme van die Afrikaanse letterkunde met onder andere debatvoering, drama en poësie en duur vanaf 6-16 Maart vanjaar.

Image: event2me.com

Website | view posts