Maroela-boksaand

by PDBY Staff | Feb 4, 2010 | Uncategorized

 MARELIZE MYERS

 

Wanneer jy deur Maroela se deure stap, weet jy dit hou ‘n aand vol bloed, sweet en adrenalien in.

Daar was nege rondes waarin die manne van Maroela hul gewig rondgegooi het.  Die wenner van elke ronde het met ‘n bottel Wellington weggestap. Diegene wat nie die vuiste wou bal nie, kon aan die “push-up” kompetisie deelneem en met dieselfde prys wegstap.

Die aand is afgesluit met die finale ronde tussen Martin “The Bear” Smith en Francios “Die Vleisvreter” Chapman. Asof die gespierde lywe van Maroela nie genoeg vir die oog was nie, was een van die VIP’s wat teenwoordig was ‘n finalis van die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie. Moet ook nie dink die manne het droë bek gesit nie, want die Wellington meisies het heelwat been gewys en was vrygewig met die gratis T-hemde en hoedjies.

So kry Maroela dit weer reg om ‘n suksesvolle aand vol opwinding aan die skreeuende skare te gee.

Website | view posts