Só is dit weer die geval in 2014 met die drama department van die universiteit se jaarlikse kinderteater produksie.
Vanaf 12-22 Februarie voer die finalejaar studente, Verna Vels se legendariese Liewe Heksie en die Rotbende op. “Baie van ons het ‘n groot passie vir hierdie produksie omdat ons met Liewe Heksie grootgeword het,” sê Lizanne Schultz, wat Kwaatjie Kabouter speel.
Liewe Heksie is die storie van ‘n gawe heks wat in Blommeland woon. Al is sy skaam en soms bietjie verstrooid veg sy saam met Koning Rosekrans, die Feëkoningin en die kabouters om die Silwerroos te beskerm teen die Gifappeltjies, rotte en die Geel Heks. Hierdie verhoogproduksie word baseer op die oorspronklike stories en karakters van die 1961 Liewe Heksie stories uit die pen van verbeeldingryke kinderouteur Verna Vels. Dié produksie is na aan die hart van regisseur Estelle Zeeman wat self die stem van die feëkoningin vertolk het in die oorspronklike opnames. Sy vertel met nostalgie in haar stem hoe sy en Verna Vels jare gelede in ‘n kafee in Melville gesit en gesels het oor hoe hulle lewe aan die storie se karkaters wou gee. Soveel jare later sê Zeeman is dit baie spesiaal om weer ‘n geleentheid te hê om met die stuk te werk. “Nou kyk ‘n mens met ander oë na die produksie,” vertel Zeeman wat self ‘n trotse Tukkie dramastudent was.
“Ek werk besonders lekker met hierdie span kinders,” sê Zazz, soos wat Zeeman bekend staan onder die drama studente. Dis duidelik dat die studente net so gaande oor haar is. Dit beteken wel nie dat hulle nié sal gek skeer onder mekaar sonder die wete van die regisseur nie. “Ek dink wat kinderteater ook lekker maak is die fun behind the scenes,” verduidelik Vernicha Coetzee, wat die rol van Kwaai Babatjie, ‘n kabouter, vertolk.
Só bou hulle die toneelstuk as ‘n geheel op tot ‘n produksie vol energie wat die kinders se aandag verseker by die aksie op die verhoog sal hou.
Kaartjies beloop R30 vir kinders en R35 vir volwassenes en is beskikbaar by yvonne.rabie@up.ac.za
Foto: beeld.com