Kom vind ‘aanklank’

by PDBY Staff | Feb 22, 2010 | Entertainment

MEAGAN DILL

Toe twee Tuksstudente, Willemien Heyns en Sanet Steggman, in 2006 ontmoet het, het hulle nie geweet dat hulle vriendskap eendag tot pragtige musiek sou lei nie. Saam het hulle Aanklank gevorm en in 2009 het hulle hul eerste album vrygestel. Perdeby het die kans gekry om met hulle te gesels …

Wat studeer julle?

Sanet: Bsc Binne-argitektuur.

Willemien: BA Tale en Sielkunde.

Hoe het julle op julle naam besluit?

Ons het in 2008 besef ons dink baie eenders; ons hou onder andere van dieselfde klanke, woorde en denke. Op pad terug van ‘n naweek in Watervalboven, het ons besluit op ‘n naam wat hierdie gedagte sal vasvang …

 Waar kry julle inspirasie vir julle liedjies?

Detail, mense, Cinema Nouveau movies, ander kunstenaars, ondervindinge, letterkunde, kuns.

Wat is die beste gig wat julle al ooit gespeel het?

Ons CD launch, by die Woordpoort Fees op Tuks se kampus, 2009.

 Met watter musiekkunstenaar sou julle graag die verhoog wil deel?

Die Heuwels Fantasties

 Wat dink julle van Afrikaans popmusiek (soos Kurt Darren en Lianie May)?

Willemien: Ek respekteer hulle styl, maar ek sal definitief nie by ‘n show opdaag nie … Tensy ek gaan in‘n bootleg jean, nikes,‘n moonbag…

Sanet: … ‘n dry-mac!

As julle ‘n dag met enige bekende kon spandeer, wie sou dit wees en hoekom?

Sanet: Kingsly Holgate … sodat ons oor die weg kan kom en hy my sal saamnooi op die res van sy avonture.

Willemien: Die skrywer/s van The Big Bang Theory, want dan sal ‘n hele dag lank kan lag.

As jy meer van Aanklank wil hoor, kan jy hul CD op kampus by Bookmark vir R100 koop. Jy kan gerus www.myspace.com/aanklank besoek of hulle op Facebook vind.

Op 25 Februarie speel Aanklank ‘n Lunch Hour Concert op kampus 12:40 in die Musaion.

Website | view posts