JACO JORDAAN

Dis `n ietwat angswekkende gedagte dat jy, as universiteitstudent, eensklaps as deel van die land se intelligentsia beskou word. Hoe hou `n mens `n gesofistikeerde front voor as jy beswaarlik die verskil tussen Kurt Darren en Kurt Cobain ken? Perdeby vertel jou alles (nagenoeg) wat jy van die kunste en ander hogere onderwerpe behoort te weet.

Letterkunde

Afrikaanse letterkunde: Eugène N. Marias, `n opiumverslaafde met `n obsessie met miere, skryf `n gedig oor hoe depressief  `n mens op `n koue aand kan raak. Die Sestigers gaan leef almal in Parys en leer daar om boeke vol seks en anti-Apartheid-retoriek te skryf. Dalene Mathee skryf oor olifante en bosmense en Marlene van Niekerk oor armblankes wat hou van goue stroop en polonie en bloedskande.

Engelse letterkunde: Chaucer skop alles af met stories wat mense op pad kerk toe vertel. Die blinde Milton skryf  `n epiese gedig genaamd Paradise Lost wat die oorspronklike Bybelse verhaal na die werk van `n amateur laat lyk. Shakespeare los ons nie net met tydlose toneelstukke nie, maar bied aan die verbeeldingloosste skrywers die geleentheid om intertekstueel te voel deur enige werkwoord onder die son in die formule “To be or not to be” in te forseer.

Franse letterkunde: Molière, die koning van Franse komedie, sterf terwyl hy die rol vertolk van iemand wat aan ipekonders ly. Die getroude Verlaine neem die briljante jong Rimbaud as katelknaap, skiet op hom, gaan tronk toe en dig oor die reën in sy hart. Gustave Flaubert is Madame Bovary. Albert Camus wonder hoekom ons nie almal selfmoord pleeg nie.

Russiese letterkunde: Tolstoy skryf trommeldik boeke oor die gevolge van oorlog en owerspel. Dostoievski ondersoek die menslike psige, God, vrye wil en moralitiet. `n Jolige klomp, die Russe.

Musiek

Afrikaanse rock: Daar is drie hoofkategorieë: 1) Fokofpolisiekar. 2) Bands met lede wat ook in Fokofpolisiekar is. 3) Bands wat die volgende Fokofpolisiekar probeer wees.

Alternative: Enigiets wat hulle nie op Jakaranda speel nie.

Indie: Brandmaer ouens met gestrykte kuiwe en skinny jeans wat nie besef hoe konvensioneel hulle musiek eintlik is nie.

Emo: `n Effe passé rock genre hoofsaaklik gegrond op selfbejammering.

Screamo: `n Emo-rocker wat van medikasie verander het.

Metal: Harde, kitaargedrewe rock.

Heavy metal: Metal, net nog harder.

Thrash metal: Metal, net vinniger.

Black metal: Metal, net met `n gegrom tussen die kitaarspel. `n Verskoning vir sommige wanaangepasde jongmense om swastikas op grafstene te verf.

Disco: Dansmusiek vir mense wat nie meer behoort te dans nie.

House: Dansmusiek vir mense wat woorde soos “soul” en “funky” sonder ironie gebruik.

Techno: Dansmusiek vir hemplose, gespierde mans wat hou van ander hemplose, gespierde mans.

Hip hop: Miljoenêr-rappers wat ander musikante se musiek leen en rap oor hoe moeilik die lewe op straat is – met `n goeie skoot seksisme en homofobie by om outentiek te klink.

Kuns en ander bewegings

Goties: Loodglasvensters en vlieënde bere (dis minder opwindend as wat dit klink).

Romantisisme: En hoe voel jy daaroor?

Impressionisme: Ligstrepe en waterlelies.

Ekspressionisme: Dis nie wat jy sê nie, dis hoe jy dit sê.

Kubisme: Verskillende oogpunte word op `n 2D-vlak voorgestel. Nie almal is beïndruk nie.

Surrealisme: Dada en drome.

Moderne “kuns”: Let op die aanhalingstekens.

Postmodernisme: Daar is geen objektiewe waarheid nie – `n gerieflike verskoning vir diegene wat nie die wetenskap kan of wil verstaan nie.

Feminisme: Vroue wat nie opgepiep of onderduk wil word nie – hoe onvroulik van hulle.

Kommunisme – `n Ekonomiese stelsel gegrond op gemeenskaplike eienaarskap van produksiemiddele wat varke in mense in verander (sien Animal Farm.)

Kapitalisme – `n Ekonomiese stelsel gegrond op privaateienaarskap van produksiemiddele wat mense in varke in verander (sien Wall Street.)

Et voilà, nou behoort jy vyf minute in intelligente geselskap te kan oorleef voordat jy die gesprek subtiel na veiliger onderwerpe soos die weer of irriterende Facebook updates kan verander. Moet egter nie bang wees om `n bietjie dieper in die kulturele te delf nie – dit kan dalk net van jou `n interessanter persoon maak.

Illustration: Iranda Erasmus

Website | view posts