Klaradyn (Afrikaans res-bite)

by PDBY Staff | May 14, 2012 | Uncategorized

Op Maandag 7 Mei het Klaradyn hulle jaarlikse Mnr Semi kompetisie gehou by Herr Gunters, waar Peter Trethowan van Kollege die titel gewen het.

Volgens Klaradyn se Primaria en Semivoog Keegan Moolman, vorm Mnr Semi deel van Klaradyn se Semi Week, wat aan die tweedejaars toegewy is, as een van Semi week se funksies.

Moolman het verduidelik dat die semis voor die kompetisie onder mekaar vergader het oor tweedejaars-kandidate uit elke manskoshuis om aan Mnr Semi deel te neem.

Mnr Semi is n modeparade kompetisie en die mans het drie geleenthede gehad om die beoordeelaars te beindruk.  Die deelnemers moes eerstens Jay Jays uitrusting drapeer, tweedens hulle droomberoep as kinders uitbeeld en laastens: liggaam-verfkuns vertoon.

Mnr Semi was afgeneem deur MK kampus, Turbovite het die pryse- en Jay Jays die klere geborg.

“Die beoordeelaars het nie slegs gesoek vir die aantreklikste man nie, maar ook vir iemand wie die geel Klaradyn gees en trots kon uitbeeld,” het Moolman verduidelik.

Website | view posts