Katjiepiering vier 20ste verjaarsdag

by PDBY Staff | May 21, 2011 | Uncategorized

 

Barend Taute

 

Op Woensdag 4 Mei het Katjiepiering en Olienhout saam die 20ste verjaarsdag van die Katte gevier. Katjiepiering, die enigste dameskoshuis tussen die LC de Villiers manskoshuise is 20 jaar gelede op dié dag gestig en bestaan uit dele van die oorspronklike Mopanie en Maroela.

Olienhout het in volle koshuisdrag by Katjiepiering opgedaag en aan hulle `n standbeeld met Katjiepiering se wap en daarop oorhandig. Olienhout se HK’s sê: “ Ons kort ook darrem iets om te verf”. Die twee koshuise se eerstejaars het ook, volgens tradisie, vir mekaar liedjies gesing en die Katte het die woorde “Stoute Houte [in plaas van Pretty Woman] walking down the street,” kwyt geraak.

Marianda Spies, Katjiepiering se ondervoorsitter, het gesê hoe geweldig trots sy op haar koshuis: “Ons koshuis het baie ver gekom die afgelope paar jaar.”

Verder is die verjaarsdagvieringe ook deur Prof. Roelf Visser, Direkteur van TuksRes, en Katjiepiering se huisouers bygewoon. Anne van Rooy, Katjiepiering se huismoeder, is al agt jaar lank huismoeder en kon nie ophou praat oor hoe gelukkig sy is met die Katte nie. “By Katjiepiering is ons nie altyd so wengedrewe nie, dit gaan vir ons ook oor gelukkig wees,” het sy gesê. Ten spyte daarvan het Katjiepiering onlangs sportkoshuis van die jaar twee keer in `n ry gewen.

Olienhout en Katjiepiering Jool ook volgende jaar saam en volgens Spies was hierdie slegs `n voorsmakie.

Foto: JP Nathrass

Website | view posts