In memoriam

by PDBY Staff | Aug 24, 2009 | Uncategorized

CAREL WILLEMSE

Herman Pretorius het sy stryd teen kanker op Donderdag, 20 Augustus, verloor.

Die 28-jarige AMP aanbieder op MK en stigter van die Vrede Foundation is in 2008 met testikulêre kanker gediagnoseer. Pretorius was landwyd vir sy werk met die Suid-Afrikaanse musiekindustrie bekend.

Die Vrede Foundation is in 2008 gestig met die doel om geld vir jong mense met kanker in te samel en bewustheid te skep. In ? mediaverklaring sê MK: “Ons harte bloei en gaan uit aan iedere en elkeen wat al geraak is deur die man en sy goedgunstige natuur.”

Website | view posts