ESTÉ CLAASSEN
Jackal + Wolf het die plaaslike rock scene met hulle debuutalbum, The Cathedral and The Bazaar laat ontplof. Die band, wat bestaan uit Charlie Murder, sanger en kitaarspeler, en broers Morgan and Redge O’Kennedy op tromme en baskistaar, is meer ingestel daarop om goeie musiek te maak en live op te tree as om net hul naam op die radio bekend te maak. Dis verfrissend om ‘n groep te vind wat nie slegs treffers najaag nie.
Die doel van Jackal + Wolf met hierdie album is dadelik duidelik: nie net bring die titel hulde aan die vrye musiek-filosofie wat hulle inspireer nie, maar hulle album kan ook gratis van hul webtuiste, www.jackalandwolf.com, afgelaai word.
Met invloede soos Led Zeppelin, Black Sabbath, Metallica en die ingeligte agressie van Rage Against the Machine, is die album die luister werd, alhoewel die klank soms herhalend is.
The Cathedral and the Bazaar is ‘n brawe poging tot ‘n debut album en Jackal + Wolf het die potensiaal om rockers na die maan te laat huil …