MARIÉ VAN WYK

 Die meeste studente wat rook oorweeg dit nie eens om op te hou nie. Sigaretverbruikers weet presies wat die gevare van sigarette is (omdat dit in groot, vetgedrukte letters op die pakkies verskyn), maar dis nie noodwendig  genoeg om hulle af te skrik nie. Tog is daar diegene wat hierdie, amper onmoontlike, taak aanpak. Om op te hou rook is ? stryd en vir die grootste kans op sukses moet jy ? doelwit stel en voorbereid wees.

Volgens Health24.com is daar verskeie maniere hoe jy hierdie stryd kan benader. Die eerste kan wees om jou huidige rookinname te verminder. Hierdie is ? goeie begin vir iemand wat nog nie heeltemal reg is om op te hou rook nie. Om dit reg te kry moet jy bewus wees van elke sigaret wat jy rook, om te bepaal hoeveel jy rook. Health24.com raai ook mense aan om eers ? pakkie klaar te rook voor jy ? nuwe een koop, om nooit sigarette saam met jou te vat as jy uit gaan nie en om nie sigarette wat ander mense vir jou aanbied te aanvaar nie. Wanneer jy gewoond begin raak om minder te rook, moet jy begin dink aan ? datum om heeltemal op te hou.

Daar is ook baie hulpmiddels op die mark vir mense wat wil ophou rook. Nikotienvervangingsterapie sluit, onder andere, nikotienkougom en -plakkers in. Sommige deskundiges dink wel dat nikotienvervangingsterapie nie genoeg is om mense te laat ophou rook nie, omdat dit nie die psigologiese aspekte agter rookverslawing aanspreek nie. Volgens Mercia Axon, die besturende direkteur vanSmokenders, ? internasionale organisasie wat mense help om op te hou rook, word daar heeltemal te veel klem gelê op nikotienverslawing en dat die emosionele band tussen rokers en hul sigarette die eintlike probleem is.   

Nog ‘n opsie isZyban, ? antidepressant wat op die mark is en volgens die Mayo Clinic Nicotine Dependence Center help dit mense wat wil ophou rook om hul rooklus te verminder. Zyban moet egter deur ? mediese dokter voorgeskryf word omdat dit ernstige newe-effekte kan hê.

? Relatiewe nuwe produk op die mark is die elektroniese sigaret of die e-sigaret. ? E-sigaret is ? buisie wat ? vloeibare nikotienoplossing en ? verhittingselement bevat. Wanneer die gebruiker ? trek deur die buisie neem, aktiveer die lugvloei die verhittingselement, wat ? verdamping afskei wat soos rook lyk. Die meeste van die modelle bevat ? liggie wat voor aan die e-sigaret gloei wanneer die verhittingselement geaktiveer word. Dit is nog nie bewys dat hierdie ? gesonder opsie vir rokers is nie en daar word nog studies gedoen oor die langtermyneffekte van die inname van nikotienverdampings op ? mens se gesondheid

Maar is die e-sigaret ? opsie vir studente?

Laetitia Marais, ? tweedejaar uitgewerswese student by Tukkies voel dit is beslis ? opsie vir studente, veral in die langtermyn. Sy sê: “Dit sny jou maandelikse (sigaret-)onkostes na die eerste maand in die helfte of minder.” Perdeby het Marais gevra wat haar oorspronklike motivering was om die e-sigaret te koop, haar antwoord was: “Seker maar vir gesondheid.” Volgens Marais het dit haar R600 gekos vir ? beginnerspakket waarin sy twee E-sigarette gekry het en sy het die pakket op EasyCigarette.co.za oor die internet bestel. Die laaste vraag wat Perdeby aan Marais gerig het, was of sy sal ophou om regte sigarette te rook, omdat sy ? e-sigaret het? Haar antwoord: “ Na ? ruk miskien, dit vat ? rukkie om daaraan gewoond te raak, dit proe glad nie so grof soos regte sigarette nie.”

Om op jou eie, sonder enige hulp, op te hou rook is moeilik, maar nie onmoontlik nie. Volgens Health24.comis twee van die grootste redes waarom mense weer sal begin rook nadat hulle probeer ophou rook het, omdat mense die sensasie van rook mis, of omdat hulle gedruk voel deur vriende en familie wat nog rook. Stresverligtingsoefeninge en veral yoga, kan ? groot rol speel in die langtermynsukses in die stryd om op te hou rook. Health24.com is van mening dat die meeste mense tog op hul eie ophou rook. Daar is nie ? verkeerde manier om hierdie stryd aan te pak nie: wat vir jou werk is tien teen een die regte manier

Website | view posts