CHRIS VAN DER MERWE
Holiday Murray is die debuutalbum van Kaapse folk-rock groep, Holiday Murray. Soos wat debuutalbums gaan, het Holiday Murray hul uitstekend van hul taak gekwyt. Die kitaar harmonieë en lirieke te vinde op die album neem jou op `n emosionele en musikale reis wat sal verseker dat hierdie album `n permanente plek op die playlist van jou lewe verower.
Die eerste ding wat opgemerk word wanneer Holiday Murray se folk musiek op jou oordromme los gelaat word, is dat dit die tipe rustige musiek is wat veroorsaak dat jou liggaam onwillekeurig van kant na kant wieg. Dit is egter nie al wat Holiday Murray so ‘n plesier maak om na te luister nie. Die liriese inhoud van liedjies soos “The Sea Finds Me”, “Homeless and Happy” en “The Woods” is uitstekend en dit is duidelik opmerkbaar dat daar baie moeite en kreatiwiteit in die skryfproses ingegaan het.
Holiday Murray se musiek is daardie tipiese musiek wat mens luister as jy rustig agter oor sit met `n glas wyn in die hand, terwyl jy jou lewe kontempleer. Daar is egter `n paar liedjies, insluitende “Buckle and Bend” en “Jirey” wat effens vinniger is en meer energie bevat. Oor die algemeen blyk Holiday Murray om meer in die rustige musiek in te wees as die energieke, spring-die-hele-verhoog-vol tipe musiek.
Daar is duidelike folk invloede van kunstenaars soos Damien Rice (net baie meer gelukkig oor die lewe) te vinde in Holiday Murray se 10-lied debuutalbum. As jy `n aanhanger is van folk musiek oor die algemeen, is die kans goed dat jy gek gaan wees oor Holiday Murray se debuutalbum en heel moontlik die album herhaadelik luister.
Beeld voorsien