Hefner se hasies tref Suid-Afrika

by PDBY Staff | Apr 4, 2011 | Entertainment

CHRIS VAN DER MERWE

 Playboy – tydskrif, handelsnaam en vir sommiges, `n leefstyl. Vanaf 1993 tot 1996, kon Suid-Afrikaners ook deel wees van die menigte lojale lesers van hierdie beroemde tydskrif. Playboy se kontroversiële bestaan in Suid-Afrika was egter nie bedoel om te hou nie en het tot ‘n bitter einde gekom in 1996. Moet egter nie bekommerd raak nie – gelukkig vir die manlike populasie van Suid-Afrika is Playboy terug met mening, `n nuwe redaksie en `n hele nuwe visie vir die tydskrif.

Playboy was die geesteskind van Hugh Hefner, `n individu wat geen inleiding benodig nie. Playboy het ontstaan in 1953, nadat Hefner `n $1000 loon by sy ma aangegaan het om die tydskrif van die grond af te kry. Die tydskrif het intussen ontwikkel in Playboy Enterprise Inc. en is een van die mees bekende handelsname in die wêreld. Gepaardgaande met die aanvanklike Amerikaanse weergawe van Playboy, is daar ook verskeie weergawes van Playboy, spesifiek tot `n land, te vinde reg oor die wêreld.

`n Leserskap van oor die agt-miljoen was duidelik nie genoeg vir die bestuur van Playboy Enterprise Inc. nie, in die dat daar op 7 Oktober 2010 aangekondig is dat Playboy weer in Suid-Afrika gepubliseer gaan word. Besonderhede oor die verspreiding van `n Suid-Afrikaanse Playboy was kripties en oppervlakkig aan die begin. Die enigste besonderhede wat uitgegee was, was dat Playboy Enterprise Inc. ‘n lisensie-ooreenkoms met Sciofon (Pty.) Ltd. geteken het om die 28ste uitgawe van die tydskrif uit te bring. Dit was ook bekend gestel dat Piet Pegl, voorheen van FHM, die redakteur van die tydskrif gaan wees.

Die kriptiese besonderhede het egter nie lank gehou nie en daar was gou weer gehoor van Sciofon. Die nuus wat hulle versprei het, het menigte mense laat opstaan en kennis neem. Tracy McGregor, sister van bekende model Kerry McGregor, sou die voorblad meisie van die eerste nuwe uitgawe van die Suid-Afrikaanse Playboy wees. Ander besonderhede, rakende die inhoud van die uitgawe, was ook uitgegee, insluitende `n onderhoud met Steve Hofmeyr, `n kort-verhaal deur Chuck Palahniuk en `n deel oor Suid-Afrikaanse playmate, Amy Bridger.

Die plaaslike weergawe van die tydskrif was gerug om in April 2011 gepubliseer te word maar verskye winkels, insluitende CNA, se rakke is alreeds vol hierdie tydskrifte. Daar kan nie kommentaar gelewer word oor die toekoms van die tydskrif in Suid-Afrika nie – jy gaan maar moet uitgaan en `n kopie vir jouself kry. Maak net seker om oogkontak met die kasier te vermy wanneer jy betaal.

Beeld: Michael Stopforth

Website | view posts