Heerlike lente by Harlequins

by PDBY Staff | Sep 16, 2010 | Uncategorized

ELAINE SWANEPOEL

 

Lentedag is vir baie studente die hoogtepunt van hul jaar, veral as jy die grootste partytjie van die jaar kan bywoon. Hierdie jaar het Harlequins Bash by die Harlequins rugbyklub weereens vir groot pret gesorg.

Lentedagpartytjies het al lank ‘n reputasie as een van die opwindendste gebeurtenisse op die kalender en hierdie jaar was geen uitsondering nie.

Die sowat 7 500 studente wat op 8 September die dag bygewoon het, kon hul verlustig in glybane en springkastele, kompleet met skuimmasjiene. Diegene wat bietjie olik gevoel het na die vorige aand se kuier kon net rustig op die gras ontspan en na bands soos Die Tuin Dwergies, Tidal Waves en Straatligkinders luister.

Behalwe vir ‘n paar vuisgevegte en gevalle van dronk-bestuur het die dag sonder veel teenspoed verloop en het partytjiegangers, na ‘n lang dag in die son, ‘n rustiger heenkome vir die aand gesoek.

Met nog ‘n suksesvolle Lentedag agter die rug kan studente maar net wonder wat volgende jaar gaan gebeur.

Foto’s: Anton Pienaar & Melissa Grobler

Website | view posts