MARIÉ VAN WYK
Omstredenheid rondom die rook van waterpype (hubbly-bubbly) het die afgelope tyd in die media geheers. Beeld, Huisgenoot en Carte Blanche het almal iets oor die gevare wat die rook van waterpype vir ? mens kan inhou, te sê gehad.
? Waterpyp, ook bekend as ? hookah-pyp, is iewers tussen 1542 en 1605 deur ? dokter met die naam Hakim Abdul Gilani ontwerp. Hy het geglo dat tabak wat deur water gefiltreer word, minder skadelik is as ? gewone sigaret. Die nuutste navorsing toon egter dat dit nie die geval is nie. Die grootste probleem is dat die hoeveelheid rook wat jy tydens ? waterpyp-rooksessie inasem meer is omdat dit langer duur. CANSA (Cancer Association of South Africa) het ook bevestig dat ? waterpyp, nes ‘n gewone sigaret, kanker, hart- en longprobleme en ander siektes kan veroorsaak.
Tog lyk dit nie asof dit die studente afsit nie. Daar word daagliks nog waterpype op kampus en na-ure by sosiale geleenthede gerook. Perdeby het gaan uitvind wat studente se opinie is oor waterpype en dat dit eintlik skadelik is. Oor die algemeen het die studente saamgestem dat dit ? sosiale tydverdryf is en dat hulle vriende maak deur om ’n waterpyp te sit en rook.
Meeste van hulle was ook bewus van die Carte Blanche-storie en die negatiewe uitwerking wat die rook van ? waterpyp vir hulle kan inhou, maar het eenvoudig net nie omgegee nie. Kyle Raw, ? eerstejaar BSc IT- student het grappenderwys gesê dat dit alles nonsens is en dat dit die sigaretmaatskappye is wat die besigheid van die waterpyp- maatskappye wil wegvat.
Alle studente hou egter nie daarvan om waterpyp te rook nie. Marko Vermaak, ? tweedejaar BIS Uitgewerswese-student sê: “Al die cool kinders rook regte sigarette.”
Die feit dat Tuks ? waterpypwaarderings- vereniging (Tuks Hubbly Appreciation Society) gehad het tot en met die begin van 2010 dui daarop dat studente al vir ? geruime tyd waterpyp rook as ? tydverdryf sien. Al bestaan die waterpypvereninging nie meer nie, het die besluit om te ontbind niks met gesondheid te doen nie, maar eerder met die nuwe rookreëls.
Dit wil voorkom of studente nie beplan om binnekort op te hou rook nie, selfs met bewyse van die gevare wat dit mag inhou. Dit sal ook nie die eerste keer wees wat studente iets doen wat nie “goed” vir hulle is nie, sal dit?