CHRIS VAN DER MERWE
Op 1 April 2011 het die Golden Key International Honorary Society (GKIHS) hul laaste produksie van die drama, Dubbel Dief, gehou by die Groenkloof Ouditorium op die Groenkloof Kampus. Die drama, wat aangebied was deur I’M Events & Image, was deel van `n fondsinsamelings veldtog wat gehou was deur die GKIHS.
Nicole Lardner, die direkteur van fondsinsameling by die GKIHS het gesê: “Die fondse wat ingesamel word, word vir verskeie doeleindes gebruik. Publieke dienste kry die meeste van hierdie fondse.”
Dubbel Dief was `n drama produksie wat homself goed van sy taak gekwyt het, in regie en tegniese doeleindes. Die regie, geskryf deur Jacolien L?neburg, was goed geskryf en die tegniese span het ook fantasties gepresteer gedurende die produksie.
Die produksie het gehandel oor twee diewe wat inbreek by dieselfde huis. Die twee aktrises, Anina van de Wall en Suré Barnard, het die karakters briljant vertolk en het gemaak vir ‘n produksie wat beide humoristies is en jou aandag hou by die storielyn.
Hierdie vyftig-minuut produksie se finale aanskouing het gesorg vir `n meer gepakte ouditorium as wat die vorige week beleef was.
Volgens Ilse van de Wall, bestuurder van die produksie asook eienaar van I’M Events & Image, was die produksie iets nuuts vir die GKHIS en het baie potensiaal gehad. Van de Wall hoop om meer drama produksies in die toekoms te hou waarby die GKHIS betrokke sal wees. Daar is glo `n Engelse produksie in die pyplyn.
Vir almal wat gedink het die GKHIS is als oor akademie en baie min oor kultuur en sosiale verkeer, hierdie opinies is duidelik verkeerd. Joey Mullah, die president van die GKHIS het gesê: “Toe ek oorgeneem het, het ek `n ander visie by die GKHIS aangebring. Ek beplan om dinge anders te doen.” Perdeby was daar en ons kan getuig, daar gaan nog groot kulturele stories van die GKHIS se kant af kom. Hou hierdie spasie dop.
Foto: JP Nathrass