ELAINE SWANEPOEL

Maak reg vir die partytjie van ‘n leeftyd, want met Fashion TV se Party Fest het Tuks se dameskoshuise die geleentheid om te wys wie die meeste stamina het as dit by kuier kom. Met sewe meisieskoshuise wat teen mekaar kompeteer om te kyk wie die grootste partytjie kan hou, kan dit nie anders as om die gebeurtenis van die jaar te wees nie. Dit is dan ook presies wat Fashion TV beoog.

Sewe koshuise is gekies om hulle sosiale vermoëns ten toon te stel. Elke Woensdagaand sal ‘n ander koshuis ‘n kans kry om hulle partytjieskoene aan te trek.

Die koshuise word op grond van hulle insette, kreatiwiteit en die hoeveelheid mense wat die partytjie bywoon, beoordeel. Die wenners sal dan ‘n kans kry om teen ander universiteitskoshuise deel te neem.

Met drankspecials, bekendes wat die partytjies beoordeel en Tuks se kompeterendste dameskoshuise, beloof dit om ‘n uitsonderlike gebeurtenis te wees.

Lian Fourie, organiseerder van die kompetisie, sê dat Fashion TV in Brooklyn vir die volgende paar Woensdae definitief die plek is om te wees.

Die kompetisie het reeds op 26 Augustus afgeskop en sal op 28 Oktober met Vividus Dames afsluit. Curlitzia en Jasmyn het reeds hul beurt gehad en nou is die uitdaging vir die res van die mededingers om hulle partytjies te top.

Tuks wag in spanning om te sien wie van die meisies die hardste kan kuier.

Website | view posts