TALITA CALITZ EN MINNETTE NIEUWOUDT
Van Coke Kartel word gereeld beskryf as “Fokofpolisiekar”. Drie jaar en drie studioalbums later breek hulle weg van dié formule. Met Skop Skiet en Donner betree Van Coke Kartel die elektroniese era. Die album is vervaardig deur Peach van Pletzen (SHU, Yesterday’s Pupil) en herinner die luisteraar aan ‘n sprokiesagtige reis deur The Matrix. Perdeby het met Francois van Coke en Wynand Myburg met die bekendstelling van die album by Hotbox Studios in Pretoria gesels.
Hoe het die samewerking met Peach van Pletzen Van Coke Kartel se sound beïnvloed?
Francois van Coke (FvC): Ek en Peach het al voorheen saamgewerk en dit is ook hoe “Oorlog Frankenstein” ontstaan het. Ons het vriende geraak en ons het gescheme hy is ‘n bef*kte drummer. Ek hou van die sh*t wat hy doen music-wise en toe het ek vir Wynand gesê: “F*k, dit sal cool wees om hom te kry as producer en kry hom sommer om dromme ook te speel.” Peach het baie bygedra tot die klank van die album. Al die electronic goed kom van sy kant af.
Wynand Myburg (WM): Van die begin af wou ek en Francois iets anders doen, iets wat ons nog nie voorheen gedoen het nie, en dis hoe Peach deel geword het en dit was toe net perfek gewees.
Hoe het die skryf van die album se lirieke tot die lewe gekom?
FvC: Ek wou bietjie wegbeweeg van net oor drink of party en die gevolge daarvan. Dis maar net deurlopende goed wat uitgekom het. Dit is steeds redelik persoonlik. Ek en Wynand het een song geskryf terwyl ons net in die kar gery het en so praat ons net oor klomp sh*t.
WM: Die vorige goed het ‘n prentjie geskep oor Kaapstadlewe en die dinge rondom ons daar. Ons wou nou meer wegbreek van daai soort van dinge en meer universiëel raak.
Julle cover Michael Sembello se liedjie “Maniac” vanuit die film Flashdance. Mense sê dit is weird om François van Coke te hoor Engels sing. Voel jy buite jou Afrikaanse comfort zone?
FvC: Ja, defnitief.
WM: Maar dis so weird, want hy het altyd net Engels gesing.
FvC: Ja, want voor Fokof was ek in ‘n Engelse punk band, New World Inside, maar obviously is ek meer gewoond daaraan om Afrikaans te sing. Ek het al soort van ‘n styl gekry deur die jare om Afrikaans te sing. Dis moeilik en ek het al probeer om daai uitspraak so goed as moontlik reg te kry.
WM: Dis nogals ‘n lekker vibe, jy weet, imagine hy het dit nou gesing en soos ‘n Amerikaner geklink. Dit sou die hele feeling wegneem.
FvC: Daar is obviously mense wat daai song haat, dit weet ons vir ‘n feit.
WM: Ons soek daai reaksie, die een ou moet sê: “Nee, f*k, dit is k*k,” en die ander ou moet sê: “Nee, f*k, ek like dit.”
FvC: Die chicks dig dit.
Met al die samewerking met mense soos Peach van Pletzen, Laudo Liebenburg, JP de Stefani en vele ander, besit die album in julle opinie nog steeds die oorspronklike Van Coke Kartel stempel?
FvC: Dit was nog vir ons van die begin af Van Coke Kartel. Ons werk nog met al ons albums met verskillende mense. Die tweede album was meer ‘n three piece vibe.
WM: Ek dink ons wou ook maar net weereens bietjie die mould verander het. Fokof is ‘n ‘band band’, as jy weet wat ek bedoel. Vyf ouens en dit is die band. En Kartel is half ek en Francois wat skryf dan kry ons ander mense saam met ons. Dit is moeilik om te beskryf, want dit kan enige tyd ook vorm verander. Ons het nie grense nie, ons wil net die beste wees.
Wat is julle gunsteling plek om te gig?
FvC: Pretoria is op die oomblik die beste, dit het daai hele lekker solid rock following. TuksFm bring baie na die game.
WM: Almal hier luister en hou van musiek. Dit is ‘n lekker vibe hier in Pretoria en Afrikaans obviously is groot. Kaapstad is niks in oorstemming met dié nie.
FvC: Kaapstad is ook moeilik want jy kan net baie min daar speel. So as ons hierna toe kom is dit altyd lekker. Mense is into it. Energie en crowd is altyd goed hier.
Daar is sprake van ‘n nuwe vollengte Fokofpolisiekar album. Kan aanhangers dit gou verwag?
FvC: Ja, ons wil as ons terugkom van die toer af wil ons begin werk daaraan, maar ons gaan dit baie stadig vat. Dit sal eers volgende jaar April uit wees.
WM: Dit is waarvoor ons mik. Ons het nog nie eers begin skryf nie, ons praat nou nog eers. Almal is maar besig met hulle eie projekte. Ons wil baie energie daarin sit, ons wil f*kken hard gaan. Ons wil graag ‘n metal album maak, niks electronic goed nie. Johnny [de Ridder] en Hunter [Kennedy] is baie lus vir iets hard rock, omdat hulle nou Heuwels [Fantasties] doen, wil hulle nie nou nog iets pop doen nie. Johnny gaan produce, en hy soek iets hard.