Dit is hoe dit is, met bier

by PDBY Staff | Jul 29, 2010 | News

 

 

MEGAN SCHOEMAN

 

Ken jy jou Peroni Nastro Azzurro van jou Zamalek (beter bekend as Carling Black Label)? Of wat van jou Windhoek Light en jou Guinness? En hoe pas al dié biere weer bymekaar? Perdeby het gaan uitvind hoe ‘n samestelling van iets so eenvoudig soos mout en hops soveel aanhangers kan hê.

Bieraanhangers is die wêreld vol. Letterlik. Van Ierland na China, tot Australië. Om nie eers van die verskillende lande in Afrika en die Amerikas te praat nie. Maar, smaak verskil. Elke land het sy eie algemene voorkeur en kultuur wat met bier geassosieer word.

Bier speel ‘n rol in baie Suid-Afrikaanse kulture – veral die studentekultuur. Daar word algemeen aanvaar dat studente en alkohol, in besonder bier, hand aan hand gaan. Amper soos ‘n coach potatoe in ‘n Lazyboy.

Maar studente drink bier vir verskillende redes: die prys, die smaak, die effek … Black Label is dikwels die wenner omdat dit die goedkoopste is. Johan Nieman, ‘n vierdejaar mediese protetika-en-ortotika-student, beskryf Black Label as sy “moodsetter”. As hy by ‘n kuierplek instap, is dit die eerste ding wat hy koop.

As tweedejaar meganiese ingenieurswese-student, Shaun Saunders, ‘n rand gehad het vir elke bottel Zamalek wat hy al gedrink het, sou hy vandag ‘n baie ryk student gewees het. Saunders reken dat, soos wat Vodacom as die “best broadband for your rand” bemark word, is Black Labeldie “best beer for your buck”.

Vir bierdrinkers is dit nie altyd net ‘n geval van gryp ‘n bier en gooi dit by jou keelgat af nie. Maar hoe op aarde besluit ‘n mens op ‘n bier sonder om elke bier op die mark te proe? 

Maklik: Die bier kies jou. Met so ‘n groot verskeidenheid van bier op die mark, is die bemarking van verskillende biere uiters belangrik. Elke bier word op ‘n sekere mark gemik deur middel van prys, advertensies en borgskappe. Castle Lagerisbyvoorbeeld ‘n borg van rugby, krieket en sokker. Maar Castle Milk Stoutvind meer aanklank onder aanhangers vanplaaslike Afrikamusiek. Nieman drink Heineken as hy UEFA-sokker kyk. As hoofborg kan jy die Heineken-naam op die televisieskerm nie miskyk nie.

Oor Castle Lager voel hy egter anders. Al is die rooi letters dikwels gedurende sportwedstryde te sien, voel Nieman dat dit“afgewater” en “low budget” is. Die teenoorgestelde vir hom is die duurder Peroni Nastro Azzurro. “Dit sit classiness by drinkery,” reken hy.

Alhoewel bierdrink tradisioneel meer met manlikheid geassosieer word, is daar ook baie vrouens wat dit geniet om ‘n goue glasie te skink. En die Tukkie-dames bly ook nie agter nie. Tweedejaar BCom Rekeningkunde- student, Chantelle Ackerman, verkies Amstel Lagerbo die algemene Black Label. Vir haar is Amstel “sterk maar lekker”.

Christine Greyvenstein, derdejaar BA Joernalistiek-student, het ook ‘n sterk voorliefde vir sekere biere. Haar eerste keuse is die ligte smaak van Miller Genuine Draft:Veral as ek dans, is niks beter as bier om my dors te les nie.” Greyvenstein is ook lief vir ligte bier soos Windhoek Lightomdat dit minder kalorieë bevat. Die swaarder Guinness drink sy egter net op spesiale geleenthede. “St Patricks Day – definitief.”

Van bier is daar duidelik meer te wete as hoe om ‘n bottel sonder ‘n oopmaker oop te kry. Al drink jy nie eintlik bier nie, neem ‘n slukkie by iemand en konsentreer op die smaak liewers as die alkoholvolume. Dit mag dalk net vir jou die “tier” in “kultuur” sit soos wat dit vir talle ander studente doen.

Website | view posts