Die vrae: Die Antwoord

by PDBY Staff | Feb 21, 2012 | Uncategorized

 

MAGDALEEN SNYMAN

Haat hulle of aanbid hulle, maar Die Antwoord is hier om te bly. Hul nuwe album Ten$ion is reeds besig om regoor die wêreld opslae te maak en het 20ste op die Billboard Dance/Electronic Albums Chart gedebuteer. Perdeby het hulle oor die nuwe album en hul toekomsplanne uitgevra:

Julle nuwe album is op 7 Februarie vrygestel, wat het julle laat besluit op die naam Ten$ion?

Ons het die woord “tension” gesien groot geskryf aan die kant van `n minibus taxi in Cape Town. Dit was die bef*kste ding wat ons ooit gesien het, want dit het gesê presies hoe ons gevoel het voordat ons bekend was en nou ook dat ons p**s heavy bekend is.

Die liedjie “The Money and the Power” gee julle siening van lewe in Suid-Afrika, wat was die inspirasie agter die liedjie en is daar `n spesifieke boodskap wat julle daarmee wil oordra?

Daai liedjies is nie op ons album nie, want dit het op die interweb gelek, so ons het dit gelos. (“The Money and the Power”) is all about keeping it gangster soos die ANC, sodat jy nie met iemand hoef te praat as jy nie wil nie.

Daar is gerugte dat julle met District 9 regisseur Neill Blomkamp aan `n film werk. Is die gerugte waar en indien wel, wanneer word die film aan die publiek vrygestel?

Ja, ons het klaar `n kort “inhouse” pilot van die fliek alreeds saam met Niel geskiet, maar ons kan nie daaroor praat nie, want dis alles f**ked up top secret LA s**t.

Julle toer die wêreld vol, maak CDs, videos en het julle eie maatskappy, Zef Recordz. Kry julle ooit tyd om te ontspan en hoe spandeer julle julle af tyd?

Ons ontspan wanneer alles wat mal is aan die gang is. Ons is addicted soos tikkoppe om die heeltyd nuwe s**t op te maak, so ons is altyd aan die gang.

Wie is julle gunsteling Suid-Afrikaanse musikant en is daar enige Suid-Afrikaanse musikant(e) wat julle dink eerder moet ophou musiek maak?

Ek hou van hierdie een ondergrondse coloured rapper genoem Skallywag. Ons is mal oor sy stem en sy flow, hy rap soos `n f**ken getikte demoon. Ons notice nie mense wat k*k musiek maak nie, so hulle maak nie saak nie.

Na Ten$ion is julle van plan om albei solo albums te maak. Gaan julle die albums gelyk vrystel? Waarna kan die publiek uitsien op albei albums afsonderlik?

F*k, ons weet nie, dis te ver weg om nou daaroor te praat, maar ja, hulle sal dieselfde tyd drop. Yo-Landi se solo album is genoem Die Stem. En Ninja se solo is Dominator. Ons wil tjek wie die mees populêre een van ons twee gaan wees.

Waar kry julle idees vir julle videos en wat was sover julle gunsteling een om te skiet?

Ons gunsteling video by ver is die nuwe een wat ons nou net geskiet het saam met Roger Ballen, genoem: “I Fink U Freeky”. Roger Ballen en Ninja het die video direct. Working met Roger was a total mind-f**k. Hy is een van die beste fotograwers/kunstenaars alive op die planeet. Roger Ballen was ook een van ons main inspirasies om Die Antwoord in die eerste plek te begin. Hy is soos ons f*kken guru of iets. Ons is f**ked up lief vir hom. Ons video ideas gaan mainly oor s**t wat in ons subconscious minds pomp. Ons idees is altyd baie personal en mysterious en scary en sexy en mal en oulik en watookal. Maar die belangrikste ding is dat al ons kuns heavy personal is. Ons maak kuns vir onsself. As ander mense van dit hou is dit obviously nice. But die main ding is dat dit vir ons mal is.

Hoe vergelyk Ten$ion met julle vorige werk, is daar enige verrassings waarna julle aanhangers kan uitsien?

Met ons vorige werk het ons f*kol geweet wat aan die gang was nie. Nou weet ons steeds nie wat aan die gang is nie, net dat ons aan die gang is.

[Redakteur: Die Antwoord moes laas week ‘n video van hulle webwerf af verweider wat verwysing gemaak het na Jane Alexander se kunswerk “Buthcer Boys”. Alexander beweer dat Die Antwoord kopiereg oortree het. Perdeby het gevra oor die elemente van Alexander se werk in hulle videos, maar het geen antwoord op die vraag ontvang nie.]

Photo: Desré Barnard

Website | view posts