Die sexy kant van sport

by PDBY Staff | Jan 18, 2010 | Sports

PHILILE NTOMBELA

Hierdie week het Perdeby besluit om die top vyf sexyste sportsterre bekend te stel. Perdeby is bewus daarvan dat die doel van sport nie is om aantreklik te wees nie, maar mooi was nog nooit lelik nie! Jy sal definitief saamstem wanneer jy van die die sport-sterre in ons top vyf lees…

 Mans:

5.   Thierry (Handball) Henry: Perdeby hou baie van dié sokkerspeler omdat hy Frans is – en nog meer van hom wanneer hy sy hemp uittrek!

4.   Michael Phelps: Sy gesig is nie die mooiste op aarde nie, maar Perdeby hou baie van sy maagspiere.

3.   Rory Kockott: Hierde rugbyspeler kan enige meisie met ‘n enkele glimlag

oortuig om‘n Sharks-ondersteuner te word.

2.   Daniel Carter: Hierdie keuse verg geen verduideliking nie. Gaan net en google sy Jockey advertensies … Wow!

1.   Andy Roddick: Perdeby dink dat as jy ooit hierdie tennisspeler ontmoet, jy hom vir ‘n paar tennislesse moet vra …dit maak nie saak of jy alreeds tennis kan speel nie!

 Dames:

5.   Gabrielle Reece: Dié model is nou ‘n vlugbalspeler. Ja … ons hét model gesê.

4.   Gretchen Bleiler: Dié meisie van Aspen het die tipiese “girl next door” gesig en houding.

3.   Torah Bright: Torah is altyd een van die mooiste meisies by die Winter X Games Tournament.

2.   Maria Sharapova: Een van net ‘n paar meisies in die tenniswêreld wat nie net ‘n mooi gesiggie is nie – dié meisie het ook baie talent!

1.   Anna Kournikova: Perdeby is seker sy is verantwoordelik vir ‘n groot deel van mans se ondersteuning van vrouetennis, al sien niemand haar ooit speel nie.

Website | view posts