Die Ou Met die Snor by die Bar bekendstelling

by PDBY Staff | Dec 4, 2015 | Entertainment

Parow en Badprop se heel amusante gesprek was deurspek met die eersgenoemde se eienaardighede. As ’n mens die verskillende betekenisse van die word “bef*k” suksesvol kon verklaar, sou jy sy verwerping van Steve Hofmeyr as Afrikaanse ikoon, sy idees oor die plesier van dagga rook, en sy goedkeuring van die Suid-Afrikaanse groep Veranda Panda kan begryp en geniet.

Parow het belowe dat dié boek – wat blykbaar die eerste boek ooit in “zef Afrikaans” is – nie die einde van sy loopbaan aankondig nie. Hy sal nog optree so lank as wat hy kan, en met die verskyning van talle bewonderaars oorsee (soos in Londen en Moskou) lyk dit asof hy nog vir baie lank in ons gesigsveld sal wees.

 

Image: penguinbooks.co.za

Website | view posts