Die ABC van persoonlikheid

by PDBY Staff | Mar 18, 2010 | News

JESSICA SMIT

 Wat is die eerste ding waaraan jy dink as jy die woord handskrifontleding hoor? ? Kleurvolle gypsykermis met donker tente waarin ? krulkop meisie met hoepel oorbelle wag om jou toekoms te voorspel?

Toekomsvoorspelling, handlees, gedagtelees en teeblaarlees val almal in dié esoteriese kategorie. En dis in dieselfde kategorie wat meeste mense handskrifontleding of grafologie sal plaas.

Dié gevolgtrekking is nie noodwendig heeltemal verkeerd nie, maar grafologie kan ook tot meer logiese doeleindes gebruik word. Die Questioned Document Unit van die Amerikaanse FBI is wêreldberoemd vir hulle handskrifontleding. Hulle het gehelp om talle kriminele, soos die bekende Lindbergh-kinderdief, Bruno Hauptman, agter tralies te sit.

Grafologie word ook in sekere gevalle gebruik vir die vroegtydige diagnose van siektes soos Parkinson, Huntington en Alzheimer se siekte.

Die meer esoteriese opsig van grafologie meen dat ? mens se handskrif geheime van jou persoonlikheid inhou. Maar selfs in hierdie opsig verskil grafologie van psigiese ondersoek of raaiery. Dit kan nie gebruik word om die toekoms te voorspel nie.

Anders as die lyne op ons handpalms, is ons handskrif is iets waaroor ons volle beheer het. Dit word uniek deur ons persoonlikhede gevorm.

Handskrifontleding is ook al vir eeue bestudeer en so is daar goed gevestigde opinies opgebou oor die betekenis van die verskillende maniere waarin ons letters vorm. Elke klein puntjie van jou handskrif verwys glo na sekere karaktertrekke. Die grootte en breedte van letters, die spasies tussen woorde, hoe skuins jou skrif  is en hoe leesbaar dit is beskryf elk ? aspek van ? persoon se karakter. Sekere letters op hulle eie is ook belangrik, soos die “w” en “d”. As die eindstrepies van hierdie letters na die linkerkant wys dui dit op introversie en as die strepies na regs wys, ekstroversie.

Die letters “t” en “i” dui na bewering aan hoe goed ? mens aan groepwerk en individuele take kan deelneem. Hoe jy jou “t” kruis dui die sterkte van jou leierskap aan en wys hoeveel mag jy bereid is om oor ander mense uit te oefen. Waar jy die punt van jou ‘i’ sit is aanwysend van hoe goed jou konsentrasie is en hoe werksaam jy sal wees as jy op jou eie werk.

Verder deel grafoloë handskrif in derdes op. Met die letters “b” en “g” as voorbeelde is die boonste derde die steel van die “b”, die onderste derde die stertjie van die “g”, en die middelste derde die dele wat oorbly in die middel. Die boonste derde reflekteer jou intellektuele, geestelike en verbeeldingskragte, die middel jou alledaagse lewe en die onderste derde reflekteer jou seksuele en instinktiewe natuur. Afleidings oor iemand se persoonlikheid kan dus gemaak word deur die dominante derde te identifiseer.

Maar volgens Richard Graze, in sy boek Graphology for beginners, kan geen enkele faktor genoeg inligting bied nie. Daarom moet die grafoloog eers alle opsigte in ag neem voordat daar enige afleidings gemaak kan word.

Variasie in handskrif is normaal. Selfs die mate van variasie kan glo iets oor iemand se persoonlikheid sê. ? Tekort aan variasie meen moontlik dat iemand ? behoefte het om altyd in beheer te wees. En mense wat ? groot variasie toon, is dikwels baie kunstig en beskou hul vryheid as noodsaaklik.

Volgens Graze is die belangrikste ding om te onthou dat grafologie baie meer gekompliseerd is as wat mense dink en dat dit baie oefening verg voordat iemand dit kan bemeester. Daar is selfs kursusse beskikbaar by die Internasionale Grafologie-ontledingvereniging. So wees liewer versigtig vir daai krulkop meisie met die hoepel oorbelle. Sy draai jou dalk net ? rat voor die oë.

Website | view posts